top of page

Sa. 25 Nov.

|

River Market Restaurant & SHIPWRECK BAR

Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag 2023

'n Onvergeetlike lekker Afrikaanse byeenkoms met lekker musiek, braai vleis vure en baie ander vermaak!

Registrasie is gesluit
Sien ander geleenthede
Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag 2023
Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag 2023

Tyd & Plek

25 Nov. 2023 08:30 – 23:20 SAST

River Market Restaurant & SHIPWRECK BAR, Piet Orlam Rd, Pelican Harbour, Velddrif, 7365, South Africa

Gaste

Oor die geleentheid

Ons skop die Weskus Jou Lekker Ding se jaarlikse BraaiDag hierdie jaar af 09:00am by River Market Restaurant & SHIPWRECK BAR in Velddrif.

Laas jaar se WJLD Braai was gehou gewees ook in Velddrif by die Knor Varkie opelug Restaurant en Kroeg, maar die jaar beloof om selfs nog groter en lekkerder te wees.

Ons gaan 'n formele "Potjiekos Kompetisie' hou daai dag, en die wat nie gaan deelneem aan die potjiekos kompetisie nie sal lekker saam braai vir hul gesinne en familie en vriende.

Almal moet verkieslik hulle eie kampstoele saambring, eet gerei, eie vleis, slaaie endiesmeer, maar geen alkoholiese verversinge nie, want dit moet by die kroeg gekoop word wat die 'Venue' vir ons beskikbaar stel, dis maar die enigste bietjie geld wat hulle kan maak daai dag aangesien ons geen ingangs fooie vra vir deelname aan ons BraaiDag nie.

Die eienaars van River Market Restaurant & SHIPWRECK BAR het beloof om vir ons goeie pryse te gee op die drank en ander verversings, soos Milkshakes vir die kinders endiesmeer.

Die van julle wat daai dag nie wil braai self nie, kan ook van die Restaurant se Spyskaart bestel, wat insluit Hamburgers, Vis & Chips, Pizza's endiesmeer.

Skedule


  • 1 uur 30 minute

    Skandeer Stasie open om BraaiDag kaartjies te skandeer & gaste toe te laat.

    Aangewysde BraaiDag Ingang

  • 10 uur

    BraaiDag verrigtinge open amptelik 09:00vm & eindig om 19:00nm waarna ons oorbeweeg vir die HoofSeun Dans

    Shipwreck Bar Pelikaan Hawe
10 more items available

Kaartjies

  • Standaard Gratis Toegang

    Die kaartjie sal aan die kaartjie houer toegang verleen vir die Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag 2023 wat gehou word op 25 November 2023 te River Market Restaurant & SHIPWRECK BAR.

    R 0,00
    Sale ended

Total

R 0,00

Deel die 'Event' asb & dankie!

Ons is 'n klein & intieme Afrikaanse Fees'sie'tjie, & ons hou van dit so!
Kyk na dit, soos wat ons daarna kyk, ons gaan 'n Woodstock trek op onsself, die Donderdag die 1ste Mei 2024 is 'n Publieke Vakansiedag, so as jy verlof insit vir die Vrydag die 2de Mei 2024, dan het jy 'n lekker langnaweek saam met ons van die Woensdag middag al af, tot die Sondag middag, teen 'n bitter goedkoop Tent & Kaarvaan kamp tarief! Slim gedagte van ons nê? Your Welcome~!
Knor Varkie Opelug Restaurant & Kroeg Velddrif Weskus
Knor Varkie Eienaarres Charlotte Visser

BRAAI NAWEEK PROGRAM

NET DIE HOOF PUNTE!

VRYDAG 2 MEI 2025

  • Hoe laat begin die Fees dag en wat is die beste tyd om te arriveer by die Event?
    Ons open die deure om presies 08:30am want ons het 'n 'jamp-packed' dag wat voorlê, so hoe vroeër jy & jou gesin arriveer hoe beter, en die 'early bird catches the early worm', want ons gaan iets van alles hê, en lekker vermaak vir die kinders!
  • Hoeveel Fees Kaartjies mag ek uitneem op my naam?
    Jy mag soveel Fees Kaartjies as wat jy benodig vir jou en jou gesin uitneem. Ons vra maar net dat jou vriende hulle eie Fees Kaartjies op hulle naam moet uitneem, jou gesin op jou naam is goed genoeg vir ons, maar nie ander mense ook nog nie, hulle moet asseblief hulle eie kaartjies uitneem en dankie!
  • Wat gebeur as ek 'n Fees Kaartjie uitneem op die webwerf maar ek kan dit nie meer die Fees gebeurtenis bywoon nie?
    Absoluut niks gebeur nie, gooi die kaartjie net wêg, maar neem asb kennis, daar is nie 'refunds' op kaartjies nie, slegs as ons die Fees sou kanselleer, wat ons voor die Vader in die Hemel hoop nooit sal gebeur nie. Ons het al 6 suksesvolle jaarlikse BraaiDae gehou in die 13 jaar saam! Ons kan nie wag om ALMAL te ontmoet nie! Sien vreeslik baie uit daarna!
  • Kom ons verduidelik gou hoe die Fees Kaartjies se pryse werk, dis baie eenvoudig. Die Tent & Karavaan Staanplekke asook die 'Clamping' Kaartjies word ook hieronder bespreek!
    Sê veronderstel nou jy wil of net die Vrydag of net die Saterdag die Fees bywoon as 'n Dagbesoeker (Nie Kampeerder nie, net 'n bloot gewoon Dagbesoeker, wat meestal die 'locals' in die Weskus sal wees, vir 'obvious reasons' want hulle bly reeds hier), dan is daar 3 kaartjie opsies om van te kies per dag. Nr. 1 is die DAGBESOEKER KAARTJIE VIR VOLWASSENES. Hierdie Kaartjie is vir almal onder 65 jaar oud en bo 12 jaar oud. Nr. 2 is die KINDERS <12 JAAR DAGBESOEK KAARTJIE en dan laastens: Nr. 3 die PENSIOENARIS 65> DAGBESOEK KAARTJIE. "Pretty straight forward" nê! Goed, asb volg my nou verder. Die Naweek TENT & KARAVAAN KAMPPLEK KAARTJIE sluit in jou FEES KAARTJIE in daai prys per persoon per dag, m.a.w. die kalkulasie sien so daarna uit: As jy wil kamp vir daai naweek, wil jy natuurlik ook die Fees elkedag bywoon, aangesien dit 'n Fees Kamp naweek is, so, ons kaartjie pryse is per persoon vir die hele naweek, 3 dae wat jou staanplek asook Fees toegang insluit. Presies dieselfde geld vir jou KARAVAAN KAMPPLEK KAARTJIE. Die enigste verskil tussen die TENT STAANPLEK en die KARAVAAN STAANPLEK is natuurlik die grootte van die staanplek self. Geen water of krag word verskaf nie, maar krag opwekkers sal toeglaat word. Tydelike ablusie blokke sal opgerig word vir die duur van die Braai Fees Naweek. Die GLAMPING KAARTJIES sal egter nog hier nader aan die tyd bespreek word, aangesien ons nog die maatskappy wat die 'Glamping' gaan verskaf aangestel het nie, dus kan ons nog geen fotos of pryse rondom die 'GLAMPING' nou vir julle deurgee nie!
  • Watse Vervoer opsies het julle vir ons mense sonder eie vervoer?
    Ons het met 2 klein toer operateurs onderhandel om vervoer vanaf Kaapstad te verskaf die dag van die BraaiDag teen 'n baie billike tarief, naamlik R300 pp retoer. Die bussies sal vertrek vanaf die Kaap, eerste optel punt is Brackenfell en vandaar sal die bussies hulle laaste optel punt in Durbnaville besoek om lede op te tel die dag van die Braai. Optel punte sal nog deur die twee dienste verskaffers deurgegee word, maar alle indikasies is wel dat hulle sal vertrek vir die Weskus vanaf Durbanville nie later as 7am nie. Die bussies sal weer dieselfde dag terugkeer Kaapstad toe om en by 20:00pm die aand, en sal weer die onderskeie lede by hulle optel punte aflaai in die Kaap! Besoek gerus ons Vervoer blad deur hierdie skakel te volg, jy sal die kontak besonderhede daar kry van die onderskeie vervoer maatskappye of individue. Die skakel is: https://www.weskusjoulekkerding.co.za/vervoer-opsies-braai-fees-vervoer
  • Sal daar Paramedici wees vir enige noodgevalle daai dag?
    Ongelukkig nie, ons raai elke ma aan om vir die kleinspan die basiese noodhulp tassie in te pak, vir daai rerige onvoorsiene geval waar iets gebeur. Natuurlik sal die bestuur van die gebeurtenis, in die geval Weskus Jou Lekker Ding (EDMS) Bpk en die eienaars van die geleentheidsperseel in die geval Shipwreck Bar & Restaurant dadelik optree in 'n noodgeval en enige noodhulp dienste so vinnig doenlik ontbied sou daar 'n ernsitge noodgeval ontstaan. Dit moet verder genoem word dat nie die geleentheisd organiseerder Weskus Jou Lekker Ding (EDMS) Bpk of die perseel eienaars enigsins aanspreeklik gehou kan word vir enige ongevalle tydens die dag se verrigtinge nie.
  • Waar Parkeer ons die dag van die geleentheid? Sal daar vir ons aangewys word waar ons mag parkeer?
    Met jou aankoms by die BraaiDag sal daar iemand wees met 'n reflector baaitjie om vir jou aan te wys waar jy moet parkeer. Dit is op die perseel van die BraaiDag en almal word mooi versoek om asseblief die parkeerwagter se bevel uit te voer vir presies waar daar gestop mag word, en dankie.
  • Wat mag ek saam bring daai dag na die Fees? Wat is toelaatbaar en wat is nie?
    Ons jaarlikse Braaidae wat nou omgeskakel het in 'n Fees, die Weskus Jou Lekker Ding Fees, word gehou by persele (besighede) waar daar voorsiening gemaak word vir alkoholiese verversings, en sekere kosse, afhangend van wat die perseel aanbied, maar soos in die geval van Knor Varkie Velddrif, waar ons in 2022 ons jaarlikse BraaiDag gehou het en nou weer in 2025 die Kamp Naweek Fees gaan hou, is daar 'n basiese Restaurant Menu wat aan almal beskikbaar gestel sal word, vir diegene wat nie daai Vrydag of Saterdag wil braai nie. Vure word verskaf vir die wat vir hulleself wil braai, en nee, ongelukkig mag jy nie jou eie vleis en alles gepaartgaande met 'n braai, saam bring nie, alles sal te koop wees by die Fees gronde! Net op die onderwerp van kos by die Fees, ons het ook verskeie ander kos stalletjies wat by die Fees sal opereer! Ons raai al ons lede / Feesgangers aan om asseblief saam met ons te braai daai dag, want dit is die hoof rede vir die Fees, dis 'n Braai & Musiek Fees, jy kan enige ander tydstip in jou lewe net in 'n kitskos restaurant instap en weer jou gunsteling wegneemetes geniet, maar jy kry nie elke dag die voorreg om saam met jou vriende en ons almal te braai by ons Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees nie, dus raai ons al ons lede / mense aan om daai dag saam te braai, of nie. Ons het ook al gesien sekere mense wil net kom 'unwind' en niks doen behalwe as om te bestel nie, lekker drankies te geniet saam met goeie vriende nie, en net die lekker musiek van die kunstenaars en ander vermaak te sit en geniet, 'we get that', en so poog ons tog om mekaar aan te vul, so ons probeer voorsiening te maak vir almal se 'creature comforts'! Wat mag jy en wat mag jy nie na die Fees geleentheid bring? Behalwe vir die selfsorg eenhede, nie die tent of karavaan staanplekke nie, let wel die permanente selfsorg eenhede van Knor Varkie self, wat alles mag benut wat hulle inbring, mag die Fees Kampers geen drank inneem vir die kamp daai naweek nie, maar wel mag hulle vleis inbring en 'n heel paar andeer items waarvoor ons nog 'n amptelike lys sal uitbring wat hulle mag inbring en wat nie, en raad oor wat hulle nie van moet vergeet nie, soos bv. ekstra tent penne, ensovoorts. Dagbesoekers mag vir hulle gesinne voorsien van sekere braai items, soos bv. braai spices, braai gereedskap m.a.w. braai 'tongs', messe, vurke, borde, lepels, servette, koeldrank vir die kinders, plastiek glase, koppies, pierings, sonsambreel, kampstoele, sonblok, enige iets wat jy normaalweg na 'n braai geleentheid sou vat op die strand bv. of enige iets anders wat jou gerieflik sou maak by 'n Braai geleentheid! Ons verskaf geen eetgerei nie, almal moet hulle eie eetgerei en ander belangrike kombuisware saam bring om te voorsien vir hulle en hul gesin daai dag. Alhoewel ons hout gaan hê daai naweek om die braaivleis vure aan die gang te hou, raai ons aan, die wat van 'n sekere houttipe hou om mee te braai, bring gerus jou eie hout of brikette saam. Maak ook seker die wat dit geniet om, saam te kuier om 'n vuurpit (wat verskaf word) dat julle so ekstra houdjie inpak juis vir daai onvoorsiene kuiertjie saam met mede kamp pelle!
  • Is daar saamry clubs van ander dorpe / area's / streke?
    Op die stadium is daar geen saamry clubs gestig nie, maar dit keer nie julle om onder mekaar te probeer saam klap nie! Ons wil bitter graag ALMAL daar hê, maar vervoer is een van ons grootste uitdagings, so ons vra mooi, die van julle wat so bevoorreg is om jou eie vervoer te besit, asb ons vra mooi, help jou broer of suster om ook die BraaiDag by te woon, kom bied jou vervoer asb aan op ons groep Weskus Jou Lekker Ding, ons vra mooi. Hier is die skakel na ons Facebook Groep Weskus Jou Lekker Ding: https://www.facebook.com/groups/weskusjoulekkerding

BRAAI NAWEEK PROGRAM

NET DIE HOOF PUNTE!

SATERDAG 3 MEI 2025

bottom of page