WESKUS PIZZA MENU
VIR 'N BETER BESTEL ERVARING, LAAI ASB ONS APP AF
MAANDAG TOT SATERDAG
11:30vm tot 20:30nm
Sondae gesluit vir Christelike Redes. Vakansiedae gesluit vir familie tyd.
AFLEWERING IN:
DWARSKERSBOS
(TANS ONAKTIEF)
JACOBSBAAI
(Bestellings word geneem)
LANGEBAAN
(TANS ONAKTIEF)
PATERNOSTER
(Bestellings word geneem)
SALDANHA
(Bestellings word geneem)
ST HELENA BAAI
(TANS ONAKTIEF)
VELDDRIF
(TANS ONAKTIEF)
VREDENBURG
(Bestellings word geneem)
Onaktiewe Dorpe sal in die nabye toekoms ge-implementeer word! Afkondigings in die verband sal op Sosiale Media gemaak word!
Dankie dat jy 'n 'Local is Lekker' patriot is, en die klein outjie soos ons ondersteun, jy is 'n 'Great' Weskusser, en ons is oortuig daarvan, as jy eers eenkeer van ons Pizza's ge-eet het, sal jy weer en weer wil terugkom vir nog!
Dit is waarna ons strewe hier by Weskus Pizza, want Ons Kombuis voel vir ons soos ons huis se kombuis, so ons Pizza's kan net beskryf word as hout aangedrewe, tuisgemaakte 🍕 lekkerte!
Vars en smaaklik, en waarde vir geld!
MAANDAG TOT SATERDAG
11:30vm tot 20:30nm
Indien jy buite ons aflewerings radius val, sal jy ongelukkig nie op ons Aanlyn Pizza Restaurant kan bestel op hierdie stadium nie, maar wees gerus, ons is besig om vinnig te groei en ons sal nog uitbrei na al die Weskus dorpe in en om Vredenburg area.
Vrywaring vir Weskus Pizza:
Allergene: Let op kliënte met voedselallergieë. Wees asseblief bewus daarvan dat ons kos algemene allergene soos suiwel, eiers, koring, sojabone, boomneute, grondboontjies, vis, skulpvis of koring kan bevat of daarmee in aanraking kon gekom het.
Kos fotos mag verskil van die werklike produk. Olywe kan pitte bevat. Hoender kan bene bevat. Avokado's is seisoenaal.
As jou bestelling langer as 30-45 minute neem, Whatsapp asseblief net jou bestellingnommer na 071 591 2670 om 'n opdatering te kry. Geen stêm boodskappe of oproepe word op die nommer behartig nie, net jou bestellingsnommer is al wat ons nodig het om vir jou terugvoer te gee, en dankie.
'SPECIAL SHOUT OUT' vir al ons 'locals' & vakansiegangers wat ons net tydelik kom besoek het, neem kennis:
JY is awesome omdat jy by die klein outjie bestel wanneer jy by so baie van die groter name kon bestel het! Ons sê weer:
JY is AWESOME, EN DANKIE!
Laai ons 'Menu' af! Print hom & plak hom op die yskas!
Ons is 'n Familie Restaurant, dinge gaan maar bietjie stadiger in ons Kombuis, omdat ons alles met liefde maak, en omdat ons dit nie net doen vir jou geld nie, maar omdat ons lief is vir wat ons doen, so 'sit back, relax' & hê asb, groot asb net bietjie geduld met jou aflewering, jy sal nie spyt wees nie!!!
PIZZA'S
ONS SPYSKAART BEVAT 13 PIZZA'S OM VAN TE KIES!
Welkom by Weskus Pizza, waar ons die varste, heerlikste pizzas aan die Weskus van Suid-Afrika verskaf. Ons pizzas word gemaak met die beste bestanddele, insluitend die beste pizzadeeg ooit, ons beroemde tuisgemaakte tamatie Pizzasous en vars egte Mozzarellakaas. Ons bied ook 'n verskeidenheid 'toppings' aan om van te kies, sodat jy die perfekte pizza na jou smaak kan bou. Of jy nou 'n aanhanger is van tradisionele pizzas soos die Margherita of die Pepperoni, of miskien soek jy iets meer uniek, ons het 'n pizza vir jou. Ons bied ook Glutenvrye, Vegetariese en Veganiese Pizzas aan, sodat almal ons heerlike kos kan geniet. Benewens ons pizzas, het ons ook 'n verskeidenheid 'baskets of combo's' met Weskus-gunstelinge soos stokvis en slap tjips, snoek en slap tjips, rib parcel met slap tjips, en ons supersappige hoenderhelfte en slap tjips kombinasie.
KLASSIEKE TRADISIONELE PIZZA'S
Tradisionele Pizza's soos die Margherita Pizza: Dit is die mees ikoniese Italiaanse pizza nog ooit, en dit word gemaak met tamatiesous, mozzarellakaas en vars basiliekruidblare. Dit is vernoem na koningin Margherita van Savoye, wat Napels in 1889 besoek het.
Die Vlamgat (Mexicana)
Klassieke Italiaanse Pizzakors bedek met Tuisgemaakte Tamatie Pizzasous, egte vars Mozzarellakaas, Beef Mince, Gree Peppers, Chili's, Knoffel.
R 149,99
HoofSeun (Pepperoni)
Klassieke Italiaanse Pizzakors bedek met Tuisgemaakte Tamatie Pizzasous, egte vars Mozzarella-kaas, Pepperoni, Crispy Bacon, Steak Strips, Avo (Seisonaal).
R 149,99
Margherita
Margherita pizza is 'n Napolitaanse pizza gemaak met Klassieke Italiaanse Pizzakors bedek met Tuisgemaakte Tamatie Pizzasous, egte vars Mozzarella-kaas en vars basiliekruidblare.
R 119,99
Regina
Klassieke Italiaanse Pizzakors bedek met Tamatie-passata, Gerookte Ham, Gesnyde Sampioene en 100% egte Mozzarella-kaas.
R 129,90
Tropiese Tante Sielie (Hawaiian)
Klassieke Italiaanse Pizzakors bedek met Tuisgemaakte Tamatie Pizzasous, egte vars Mozzarella-kaas, Ham, Pynappel, Bacon, (Ekstra Tropies – Voeg Piesang By).
R 129,90
ONS EIE UNIEKE PIZZA'S
Ons aanvaar daar is so baie Pizza's Joints daar buite en die kompetisie is styf, we get that, en dis hoekom ons besluit het om so bietjie anders te wees en het ons twee bitter Unieke Pizza's gebou, getoets en geperfektioneer! Hierdie Pizza's is 'one-of-a-kind', jy sal dit nêrens anders kry nie as hier by ons Weskus Pizza's & jy sal nie spyt wees om dit te probeer nie! Kyk uit vir die "Special teken'!
Boerewors & Peppers
Klassieke Italiaanse Pizzakors bedek met Tuisgemaakte Tamatie Pizzasous, egte vars Mozzarella-kaas, Gekarameliseerde Uie, Boerewors, Peppadews, Geel & Rooi Peppers.
R 149,99
Chickky Pop (Hoender)
Chickky Pop Hoender Pizza is 'n Klassieke Italiaanse Pizzakors bedek met Tuisgemaakte Tamatie Pizzasous, egte vars Mozzarella-kaas, & 'n "Mystery Kaas" (Chef's Secret sjuuus), Diep gebraaide Hoenderborsie stukkies, ons 'Super Secret Soet Sousie' & Knoffel. 'n Unieke Pizza voorwaar!
R 159,99