top of page

Soek Resultate

148 results found with an empty search

Other Pages (106)

  • 🌸 Welkom in die Weskus 🌊 Welcome to the West Coast 🦞

    Jou alles-in-een gids tot die Weskus! Ontdek pragtige dorpe, top verblyf, doendinge & die bekende blomme. Weskus Jou Lekker Ding vra jou, kom kuier! Weskus Jou Lekker Ding.. ..is trots AFRIKAANS! ♥ Sedert 2012 REGISTREER / TEKEN AAN Awe Ma se Kinners! Awe! ☺ Welkom in die Republiek van die Weskus Paradys! Die Weskus is diep Lekker! ♥ Ons Weskus Blomme Prag elke Jaar! Kom ervaar ons Weskus Blommeprag skouspel elke jaar vanaf Augustus tot vroeg September. Elke jaar beleef die Weskus , nes Namakwaland, 'n blomme ontploffing gedurende die wintersmaand van Augustus. Soms afhangend van hoe koud of nat ons Weskus winter is, kan die Weskus blomme selfs al in Julie begin blom, maar gewoonlik blom die Weskus blomme enige iets van die eerste week in Augustus tot so om en by die eerste week in September. 2023 was voorwaar een van die mooiste blomme seisoene wat die Weskus in baie jare beleef het asgevolg van die ongelooflike nat koue winter wat die Weskus beleef het, en het die blomme al in die 3de week in Julie begin blom! dit was 'n asemrowende pragtige blomme seisoen in 2023! 2024 was egter selfs kouer as 2023, en is ons seker dat ons nie gou weer sulke koue winters kan beleef nie, aangesien dit rekord laagte bereik het. Toerisme is ons Streek se Brood & Botter! Ons Weskus Vakansie Bestemmings Blad is propvol Weskus Dorpe en allerhande nuttige inligting oor elke dorp, soos bv. ons twee Natuur Reservate naamlik Weskus Nasionale Park en Tietiesbaai Cape Columbine Natuur Reservaat! Sluit aan by die awesome'ste Weskus Facebook groep nog ooit! ~ WESKUS JOU LEKKER DING ~ Die gewildste groep op Facebook! Kliek Hier! ☼ Besoek ons Aanlyn Weskus Strand Winkel vandag nog! (Surf & ☼ Beach Shop) Aanlyn Strand Winkel WESKUS EVENTS BRAAIDAG 2025 AFRIKAANS & KUIER IS GROOT IN DIE WESKUS! Jy wat hier lees, die Weskus Roep Jou vir 'n lekker Weskus Kuiertjie ! Kos, Kuier & Musiek gaan ons jaarikse Braaidag / Kamp Naweek vol maak die 3de Mei 2025! Boek jou Braai-Dags Kaartjie Nou! Boek Jou Kaartjie Uitverkoop WESKUS JOU LEKKER DING BRAAIDANS 2025 Weskus Jou Lekker Ding (Edms) Bpk bied aan die 'WESKUS JOU LEKKER DING BRAAIDANS 2025'! Woorde kan nie ons opgewondenheid oor dié 2025 BraaiDans beskryf nie, want ons BraaiDae het immers gewild geraak! Wanneer 03 Mei 2025 10:00 – 23:50 SAST Waar Velddrif, R234 Hopefield Road, Velddrif, 7365, Suid-Afrika +144 more Kan jy dit maak 3 Mei 2025? Besonderhede Ons hou die Wiskunde aan ons kant BAIE eenvoudig, dans kaartjies vir die 3de Mei kos R100.00, 'n skamele R100! Dis net om kostes aan ons kant te dek vir die saal, klank, beligting, tafels en stoele. Boodskap van die Gasheer! HOOFSEUN.... Heel eerstens wil ek almal van Weskus Jou Lekker Ding Facebook Groep 'n hartlike Welkom toewens. Sonder julle wat die afgelope 13 Jaar getroue Groeps lede was en steeds is, is niks van wat ons hier staanmaak vir die Weskus moontlik nie, so ek sê uit my hart uit, baie baie dankie, julle is die 'backbone' van die Weskus, en van Weskus Jou Lekker Ding, en met julle sal ek enige dag 'n Oorlog teen enige vyand veg! Ons is nie net Facebook kennisse nie, ons is 'n Weskus Familie, en hierdie Braai Naweek wat nou opkom, soos met al die vorige jare se BraaiDae, is bewys van ons hegte vriendskap en liefde vir mekaar in 'n baie deurmekaar Wêreld. Dis my voorreg as die HoofSeun vanni Weskus, om julle almal hartlik uit te nooi na die jaar se "WESKUS JOU LEKKER DING FEES 2025 DWARSKERSBOS KARAVAANPARK. Sien jou daar, dit gaan 'awesome' wees! (-_*) Volg die Avonture van die HoofSeun ! Ons trap diep Weskus spore saam met dood gewone Weskus mense, 'Die Sout van die Aardbol'. Alles in goeie gees & dit is Vêt Pret! Wees egter net gewaarsku dis in 'n bitter informele video formaat, niks redigering betrokke nie, ons doen sommer ons eie ala Weskus 'style filming' Kom toer saam met my! Boek jou Weskus Vakansie Akkommodasie by ons, en spaar! WESKUS JOU LEKKER DING SLAAP WESKUS SLAAP WESKUS DORPE BraaiDag by Knor Varkie 20 22 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#2 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#3 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#1 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#4 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#5 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#7 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#6 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#8 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#9 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#12 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#11 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#13 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#10 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#16 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#15 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#14 WJLD Braaidag Knorvarkie#17 WJLD Braaidag Knorvarkie#19 WJLD Braaidag Knorvarkie#20 WJLD Braaidag Knorvarkie#18 Lees meer oor 2022 BRAAIDAG 2025 © Voor Laas Jaar se BraaiDag by Shipwreck Bar in Velddrif 20 23 © Copyright Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#6 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#1 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#3 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#15 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#2 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#4 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#5 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#8 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#10 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#13 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#11 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#12 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#9 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#16 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#14 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#20 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#18 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#17 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#19 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Shipwreck Bar Velddrif 2023 Foto#7 Lees meer oor 2023 BRAAIDAG 2025 Ons volgende 'Event' is: Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag 2025 3 ♥ Mei ♥ 2025 2025 BRAAI NAWEEK loading.... 2025 Braai Naweek Vibes Weskus Jou Lekker Ding bied aan: DIE WESKUS JOU LEKKER D ING BRAAIDAG 2025 VELDDRIF WESKUS 3 Mei 2025 Nou nog net Yo, JY 🫵 daar, ja jy jou Afrikaanse Musiek Generaal & Sandkasteel-argitekt! Aandag, Bokkies en Braaikonings! Kom bymekaar julle sielsoekers, want die Weskus roep JOU, & hierdie keer het sy 'n melodie in haar siel! Ons sien vreeslik uit om jou te ontmoet, want ons is 'n Familie Fees, nie 'n wors masjien nie, ons wil jou rerig graag persoonlik ontmoet! Vir jou & jou hele gesin, jou vriende & familie! SO SIEN JOU BY DIE BRAAI!! Ons is 'n klein & intieme Afrikaanse Byeenkoms elke jaar, & ons hou van dit so! No frills, no fuss just good family time! Volg ons ook op © Copyright Ons Weskus Vennote 'n Big Shoutout gaan aan ons vriende by die Saldanha Weskus Lugskou, ons sien vreeslik baie uit na die jaar se West Coast Airshow , en ons weet net dit gaan 'n groot sukses wees, en ons is trots op ons eie #WeskusLugSkou! Slegs Whatsapp teks-boodskappe Navrae: © Copyright +2771 591 2670 BLOGS KONTAK ONS BRAAIDAG 2025 Bepalings & Voorwaardes geld. Vrywaring: Eie alkohol is toegelaatbaar op die fees terrein, wanneer jy of kamp daar die naweek of wanneer jy in besit is van 'n Dans Kaartjie vir die Saterdag. Kampeerders is geregtig om alkohol in hulle kamp area te hê, m.a.w. jy mag jou eie drank na die dans verrigtinge bring. Enige iemand wat enige van die Braaidag en dans se reëls oorskry soos vasgestel deur die organiseerders, sal gevra word om die perseel onmiddelik te verlaat. Geen vuurwapens of enige vorm van 'n wapen insluitend messe, of enige voorwerp wat liggaamlike leed of skade kan aanrig, is toelaatbaar op die perseel die naweek van die Fees verrigtinge nie. Geen terugbetalings op kaartjies nie. Aangewese parkeerplek word voorsien. Reg van toegang voorbehou. Toegang tot Fees verrigtinge is op eie risiko. Weskus Jou Lekker Ding (Edms) Bpk as die 'Fees Eienaar & Fees Organiseerder' behou alle regte voor. https://weskusjoulekkerding.start.page

  • 🍖🎫 Braaidag 2025 | Weskus Fees

    Woooo! Weskus Braaidag Fees 2025 rock 3 Mei by Knor Varkie! Braais, potjiekos & kunstenaars bring pure vibes. Boek jou kaartjie! WESKUS JOU LEKKER DING ~ BIED AAN ~ WESKUS JOU LEKKER DING BRAAIDAG 3 MEI 20 25 Yo, JY 🫵 daar, ja jy jou Afrikaanse Musiek Generaal & Sandkasteel-argitekt! Aandag, Bokkies en Braaikonings! Kom bymekaar julle sielsoekers, want die Weskus roep JOU, & hierdie keer het dit 'n melodie in haar siel! SO SIEN 🫵 BY DIE BRAAIDAG!! WOOOHOOO TUISBLAD Knor Varkie Bergrivier Restaurant & Kroeg Nou nog net Ons praat Weskus Braaidag, skat! Dis reg, ons sleep Dwarskersbos Karavaanpark uit haar seeskulp & gooi 'n Afrikaanse jol so epies, die haaie sal smeek vir earphones! Berei jou voor vir 'n kampnaweek vol top musiek wat jou tone sal laat krul. Lewendige nagte met sterre, helderder as Ouma se boereworsresep, en maak reg vir so een of twee 'Fees weirdo's soos ons hulle noem, wat ook die Fees gemaak het. Hehe! Gryp jou dansskoene skattie, pak jou gevoel van avontuur in en stof jou innerlike meermin af (of meerman, niemand oordeel nie!) hehe. Want ons Weskus Braaidag is meer as net 'n partytjie, dit is 'n tuiskoms, 'n sandkasteel gebou op goeie vibes en gedeelde drome. Dit is die geluid van somer wat in jou oor fluister, die smaak van sout op jou lippe, en die herinnering wat jou sal laat sê: "Dammit, dit was nou lekker!" nog lank nadat die musiek begin 'fade' het. Merk julle kalenders bokkies & braai konings, & "saddle up the horses"! Weskus Braaidag, Dwarskersbos Karavaanpark. 3 Mei gaan ons die Weskus oranje verf (natuurlik met so bietjie sonskyngeel ook in)! Moenie jou dop & tjop vergeet nie! Sien JOU daar, jou Sonskyn mens! (-_-) TUISBLAD KAARTJIES Kyk na dit, soos wat ons daarna kyk, die Donderdag die 1ste Mei 2024 is 'n Publieke Vakansiedag, so as jy verlof insit vir die Vrydag die 2de Mei 2024 , dan het jy 'n lekker langnaweek saam met ons van die Donderdag oggend al af, tot die Sondag middag, teen 'n bitter billike Tent & Karavaan kamp tarief, wat betaalbaar is direk aan die Karavaanpark! Slim gedagte van ons nê? Your Welcome~! So bietjie meer inligting oor die skuif van 'venue' soos en met Vrydag 18 April 2025. 🌊 Ons Weskus Jou Lekker Ding Braaidag is waar ons Facebook-groeplede—die hart van ons Weskus Jou Lekker Ding-familie—saamkom om te braai, te dans en ons liefde vir Afrikaans en ons braai-tradisies te vier! 🥩🎶 Dit vul ons en my persoonlik met blydskap om te sien hoe julle: ons troue lede wat al jare die pad saam met ons stap, en nuwe vriende wat nou aansluit, lag, stories swop en die Weskus-vibes uitleef. 🕺💃 Hierdie Braaidag is spesiaal vir JÚLLE—’n dag om saam met familie en pelle te kuier, vleis op die kole te gooi en te wys wat dit beteken om deel van hierdie unieke groep te wees. 🔥 Dis nie ’n groot, blink fees nie, maar ’n warm, egte samekoms waar ons onsself kan wees, lawaai maak en die lewe geniet soos net die Weskus kan! 🥳 Koop jou R100-kaartjie nou op ons webwerf www.weskusjoulekkerding.co.za vir die 3 Mei 2025 Braaidag by Knor Varkie Bergrivier! 🎟️ Hoekom is daai kaartjie goud werd? Want dit is jou bewys dat jy deel was van ons spesiale dag van die jaar, met ’n paar klein verrassingtjies vir jou as kaartjiehouer—niks wat die wêreld sal skud nie, maar reguit uit ons harte om jou te laat glimlag! 😄 Eerstens kry elke kaartjiehouer ’n geheime Braaidag 2025-geskenkie van ons as organiseerders—’n klein bedankie vir jou ondersteuning. 🎁 Tweedens, as jy lus is om te braai (en ons bid almal gaan daai kole aansteek, want dis mos hoekom ons hier is!), hoef jy nie jou eie hout saam te bring nie—ons sorteer dit vir jou! 🪵 Dan’s daar die drankies: Kaartjiehouers kry spesiale afslag op drank by Knor Varkie, soos Charlotte se legendariese brandewyn-en-2L-Coke-kombo of ’n whiskey-deal wat jou beursie sal laat glimlag. 🥃 Kom ons wees nou eerlik—hoeveel kan een mens nou eintlik in ’n dag drink? 😊 Dit maak die jol super bekostigbaar! En om die braai-gees aan te wakker, kry elke kaartjiehouer ’n Riaan’tjie Braai Brooitjie om langs jou vleis te braai, wat jy saambring want jy mag jou eie kos inbring! 😄 En natuurlik, vir die gevrektes onder ons vir wie dit te veel moeite is om self te braai daai dag, het Knor Varkie ’n awesome menu van kos wat hul restaurant voorberei. Ek weet sommer Ouma Maksie gaan weer, soos in 2022, vir haar van Charlotte se kombuis bestel, hehe! 😜 Maar Monica, jou Blou Bulls-ass van België, sal braai daai dag—ek wil sien of jy ’n Blou Bul-steak kan braai, hehe! 🥩 Boonop kry jy ’n keuse uit vier heerlike slaaie, vars brood met egte botter, en wie weet—miskien sluip daar ’n stukkie hake of snoek ook op die tafel in! 🥗🍞🐟😉 Met jou unieke armband (wat jy kry ná ons jou kaartjie op ons Wix Event-stelsel ge-scan het), gaan jy voel soos ’n VIP wat gewaardeer word. 🎉 Daai armband wys jy’s een van ons Weskus Jou Lekker Ding-familie, en laat ons jou maklik tussen die skare herken as deel van hierdie spesiale dag—ons manier om ons lede ekstra liefde te gee! 😊 Jou kaartjie sê: “Ek’s deel van die Weskus Jou Lekker Ding-familie!” Ons waardeer almal wat ons ondersteun, en vir dié wat terugbetalings gevra het ná die venue-verandering, het ons dit dadelik terugbetaal. 🙏 Maar nou’s die tyd op—die terugbetalingsopsie is gesluit, want almal het genoeg kans gehad om op ons e-pos te reageer. Dit beteken ons fokus nou voluit op die jol by Knor Varkie! Jou R100 help ons om hierdie Braaidae jaar na jaar vir ons lede te hou, om nuwe goed te probeer soos ons webwerf, en om die splinternuwe Weskus Jou Lekker Ding-app, wat nou klaar is, vir almal op die Weskus te bring. Die app gaan julle help met maklike toegang tot events en spesiale aanbiedings. 📱 Jou ondersteuning beteken ons kan hierdie tradisie laat groei en ons groep bymekaar hou vir nog jare se braai, musiek en vriendskap. 🌟 Ja, Knor Varkie beteken drankies word daar gekoop, maar die afslag vir kaartjiehouers maak dit ’n wen-wen. En anders as ander plekke waar ons moes stilbly, kan ons hier lawaai maak, dans tot laat en die partytjie laat rock! 🎤 By Knor Varkie is ons vry om die Weskus-gees te vier—en dis presies wat ons gaan doen. Die ekonomie mag dalk knyp—rerig, ons weet dis nie altemits nie, ons voel dit almal, tye is taai. Maar gelukkig is ons Suid-Afrikaners so sterk; ons deurstaan alles wat na ons kant toe kom! 💪 Hierdie jaarlikse Braaidag is ’n viering van ons wat nog ’n jaar van swaarkry oorleef het en steeds hier is, saam staan en lag. 😄 Mense begin al fluister dat ons Braaidag soos ’n bietjie van ’n mini-fees-partytjie voel, maar vir nou is dit steeds ons eie, spesiale samekoms vir ons lede—en JOU kaartjie maak dit moontlik! 🤙 Moenie uitmis nie—koop jou kaartjie nou op ons webwerf en kom braai, dans en kuier saam met ons by Knor Varkie. Kom vier die Weskus saam met ons op ’n dag wat ons almal nader aan mekaar gaan bring! 🥂 Sien julle daar vir ’n dag wat ons almal gaan koester! 🎉🔥 WESKUS JOU LEKKER DING BRAAIDANS 2025 Weskus Jou Lekker Ding (Edms) Bpk bied aan die 'WESKUS JOU LEKKER DING BRAAIDANS 2025'! Woorde kan nie ons opgewondenheid oor dié 2025 BraaiDans beskryf nie, want ons BraaiDae het immers gewild geraak! Wanneer 03 Mei 2025 10:00 – 23:50 SAST Waar Velddrif, R234 Hopefield Road, Velddrif, 7365, Suid-Afrika +136 more Kan jy dit maak 3 Mei 2025? KRY JOU KAARTJIE NOU! Onder volg 'n voorsmaakie van ons vorige Weskus BraaiDag by Knor Varkie 2022 & Shipwreck Bar Velddrif en waarna jy na kan uitsien, sulke awesome mens, en natuurlik hierdie keer net op 'n baie groter en geselliger skaal Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#2 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#3 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#1 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#4 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#5 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#7 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#6 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#8 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#9 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#12 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#11 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#13 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#10 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#16 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#15 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#14 WJLD Braaidag Knorvarkie#17 WJLD Braaidag Knorvarkie#19 WJLD Braaidag Knorvarkie#20 WJLD Braaidag Knorvarkie#18 Ons is 'n klein & intieme Afrikaanse byeenkomssie elke jaar, & ons hou van dit so! BRAAI NAWEEK PROGRAM NET DIE HOOF PUNTE! SATERDAG 3 MEI 2025 Saterdag 3 Mei 10:00vm 10:00vm - Aaneenlopend Skandeer Stasie open om BraaiDag kaartjies te skandeer & gaste toe te laat tot die Kampeer terrein. Elke gerigestreerde Braaidag ganger moet in die proses ook 'n BraaiDag stempel kry. Saterdag 3 Mei 11:00vm 11:00vm - 3:30nm Deurgangse YouTube musieklys sal gespeel word. Saterdag 3 Mei 6:30nm 6:30nm - 11:00nm Musiek deur die HoofSeun. Let's Dance the Night away! Saterdag 3 Mei 10:30vm 10:30vm BraaiDag verrigtinge open amptelik. Saterdag 3 Mei 3:30nm 3:30nm - 6:00nm In hierdie tyd slot sal daar in die saal 'n Kareoke aangebied word vir al daai dood gewone mense wat met 'n lied in hulle harte loop elkedag, is dit die geleentheid om jou 'stage fright' net vir 'n wyle te bêre waar niemand dit kan kry nie, en daai Mic gruip en die 'inner artist' uit jou uit bring Saterdag 3 Mei 10:45vm 10:45vm - 11:00vm Die 'Event Coordinator' Me. Sharon De Beer sal al die dag se reelings vir almal aankondig asook almal hartlik welkom heet waarna sy vir Mnr. Franklin Johannes aan die beurt sal stel om ons dag se verrigtinge te open en te seën met gebed! Saterdag 3 Mei 6:00nm 6:00nm - 6:30nm Almal beweeg binne na die saal vir die dans. In hierdie tyd sal verdere aankondigings gemaak word oor die dans verrigtinge verder die dag. Vraag 9: Hoe laat begin die Braaidag en wat’s die beste tyd om by die event op te daag? ⏰ Antwoord: Hekke vlieg oop om 10:00 op 3 Mei by Knor Varkie—’n jol-dag wag! 😄 Kom vroeg met jou gesin, want die vroeë voël kry die beste braai-plek. Ek, Riaan De Witt, wag om jou daar te sien! 🔥 Vraag 3: Hoeveel Braaidag-kaartjies mag ek op my naam koop? 🤔 Antwoord: Gryp soveel R100-kaartjies as wat jy nodig het vir jou en jou gesin! 😄 Jou pelle moet hul eie kaartjies vir 3 Mei op www.weskusjoulekkerding.co.za koop, asb—dit help my, Riaan De Witt, om te weet wie ons Braaidag by Knor Varkie rock. So bou ons die Weskus-vibes vir toekomstige jolle! 🎟️🔥 Vraag 1: Hoe werk die Braaidag 2025-kaartjies se pryse, en wat’s die storie met kampplekke? Maklik soos ’n Weskus-sonsondergang, belowe! 😜 Antwoord: Wil jy Saterdag 3 Mei die Braaidag by Knor Varkie Bergrivier as ’n dagbesoeker kom jol? Dan’s die R100-kaartjie al wat jy nodig het—perfek vir Weskus-locals! 🎟️ Dit kry jou braai, musiek, en ’n unieke armband wat wys jy’s deel van ons Weskus Jou Lekker Ding-familie, nie maar net ’n Knor Varkie-kroeggas nie. 😄 Kamp-lus? Da’s die beste vibe! 🏕️ Bespreek tent- of karavaanplekke direk by www.knorvarkie.co.za, vanaf 1 Mei. Kamp dek nie die Braaidag-kaartjie nie. Ek, Riaan De Witt, sien uit om jou daar te groet! WhatsApp my op +27 71 591 2670 vir hulp. 🔥 Vraag 2: Wat gebeur as ek ’n kaartjie op die webwerf koop, maar kan die Braaidag nie meer bywoon nie? 😬 Antwoord: Jammer, maar kaartjies is nie terugbetaalbaar nie—hou dit as ’n aandenking van ons jol! 😜 Slegs as ons die Braaidag by Knor Varkie kanselleer (en glo my, ek, Riaan De Witt, bid dit gebeur nooit!), kry jy ’n refund. Ná 7 epic Braaidae gaan 2025 ons beste wees! Sien jou daar? 🔥 Vraag 7: Watse vervoeropsies is daar vir mense sonder eie karre op die Braaidag? 🚐 Antwoord: Geen kar, of net nie lus om self te bestuur nie? No stress! 😄 Bussies ry vanaf Kaapstad na Knor Varkie op 3 Mei vir ±R250 pp retoer. Optel by Kuilsrivier, Brackenfell, of dalk Durbanville—hang af wie boek. Bussies bly oornag, terug op Sondag. Boek by Me. Irma (082 563 0549) of Nicky haar seun—plek vir 24, maar 6 is geneem, soos en met vandag 18 April 2025! Vertrek ±7vm. Maak ’n jol! 🔥 Vraag 5: Sal daar paramedici wees vir noodgevalle op die Braaidag? 🚑 Antwoord: Geen paramedici op site nie, so mammas, pak ’n noodhulp-tassie vir die kleintjies! 😄 Vir 3 Mei by Knor Varkie sal ek, Riaan De Witt, en die Knor Varkie-crew dadelik noodhulp roep as iets ernstigs gebeur. Let wel: Weskus Jou Lekker Ding en Knor Varkie is nie aanspreeklik vir ongelukke nie. Kom braai veilig en geniet! 🔥 Vraag 6: Waar parkeer ons op die Braaidag? Sal iemand ons wys waar om te parkeer? 🚗 Antwoord: Op 3 Mei by Knor Varkie parkeer jy maklik in hul parkeerterrein—net voor jy te voet die Braaidag-jol binnegaan! 😄 Volg die bordjies, en jy’s sorted. Ek, Riaan De Witt, maak seker alles loop glad, so kom braai sonder stress! 🔥 Vraag 4: Wat mag ek saambring na die Braaidag op 3 Mei? Wat’s okay en wat’s nie? 🤔 Antwoord: Pak jou braaivleis en snacks vir die Braaidag by Knor Varkie—ons lede bring hul eie kos! 🥩😄 Kaartjiehouers kry braaiers, hout, en ’n Riaan’tjie Braai Brooitjie, maar bring jou eie gereedskap en eetgerei. Geen drankies—koop alles by Knor Varkie se kroeg met afslag vir ons familie! 🥤🥃 Nie lus vir braai? Hul restaurant het ’n lekker menu. Kampers en dagbesoekers, gooi kampstoele in vir gemak. Ek, Riaan De Witt, sê: braai saam, dis ons vibe! 🔥 Vraag 8: Is daar saamryklubs vanaf ander dorpe, areas of streke vir die Braaidag? 🚗 Antwoord: Nog geen saamryklubs nie, maar moenie stress nie! 😄 Reël ’n lift met pelle op ons Weskus Jou Lekker Ding Facebook-groep: https://www.facebook.com/groups/weskusjoulekkerding. Het jy ’n kar? Help asb ’n broer of suster om 3 Mei by Knor Varkie te kom jol! Ek, Riaan De Witt, wil almal daar sien braai! 🔥 TUISBLAD BRAAIDAG 2022 BRAAIDAG 2023 FEES 2026 FEES T&C's BOEK JOU KAARTJIE

  • KNOR VARKIE 🐟🌴 | WESKUS 🌊🔥

    Ervaar Knorvarkie Bergrivier in Velddrif, ’n troeteldier-vriendelike Weskus-paradys met visvang, kampering en The River Shack. Sluit aan by die 2025 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag! Boek nou by weskusjoulekkerding.co.za. Knorvarkie Bergrivier - Jou Weskus Paradys! 🌴 Welkom by Knorvarkie Bergrivier, ’n juweel langs die rustige Bergrivier in Velddrif, met trots voorgestel deur Weskus Jou Lekker Ding . As jy lus is vir ’n egte Weskus-avontuur, is Knorvarkie Bergrivier die plek waar rustieke sjarme, buitelugpret en warm Weskus-gastvryheid bymekaarkom! 🐟🏕️ Ontdek Knorvarkie Bergrivier 🌅 Geleë net buite Velddrif by R234 Hopefieldweg, is Knorvarkie Bergrivier bekend as een van die beste visvangplekke aan die Weskus. Of jy nou per motor of boot arriveer, hierdie idilliese bestemming bied ’n verskeidenheid verblyfopsies, insluitend selfsorg-eenhede, kampeerplekke, permanente karavane en knus houtkothuise. Met sy eersteklas ligging langs die Bergrivier is Knorvarkie ’n toevlugsoord vir hengelaars, natuurliefhebbers, gesinne en selfs jou harige viervoetige vriende, want Knorvarkie is trots troeteldier-vriendelik! 🐶🌿 GROOT Nuus! 🎉 Hierdie Saterdag word die 2025 Weskus Jou Lekker Ding Nasionale BraaiDag by Knorvarkie Bergrivier gehou! Sluit by ons aan vir ’n ONGELOOFLIKE dag vol braaivleis, lewendige musiek en egte Weskus-vibes. Dit gaan ’n fees wees om nooit te vergeet nie! 🔥🍔 Wat Hulle Bied 🏡 🌊 Verblyf: Kies uit selfsorg-opsies soos die “Wit Huis,” Hout Rivierkothuis, permanente karavane of tente. Hulle 9 eersteklas kampeerplekke is troeteldier-vriendelik (met voorafreëling) en toegerus met kragpunte, mobiele braaie en rustieke ablusiegeriewe. 🏕️🐾 🌊 Visvang & Vaart: Gooi jou lyn uit vir gewilde vangste soos Elf, Steenbras of Kabeljou. Hulle glybaan en ankerpenne maak bootvaart maklik, met kano’s en reddingsbaadjies te huur. 🎣🚤 🌊 Dagbesoekers: Vir net R50 per persoon kan dagbesoekers visvang, braai en die rustige rivieruitsigte geniet. Bring jou koelboks, visstokke en braairooster vir ’n lekker dag uit! ☀️ 🌊 Die River Shack Kroeg & Restaurant: Geniet hartige maaltye, yskoue drankies en lewendige musiek in hul oop lug-lokaal. Van maandelikse steak-aande tot ontbytmenu’s, The River Shack is die hart van Knorvarkie se lewendige vibe. 🍽️🎶 🌊 Gebeure & Funksies: Knorvarkie is die perfekte plek vir korporatiewe geleenthede, verjaardae of gemeenskapsbyeenkomste, met ’n lokaal wat die essensie van die Weskus vasvang. 🎤🎈 Hoekom Knorvarkie Bergrivier Kies? 🌊 By Knorvarkie hou hulle dit eg met ongekunstelde, plaaslike-is-lekker gastvryheid. Hul troeteldier-vriendelike kampeerterrein laat jou toe om jou viervoetige maatjies saam te bring (met voorafreëling), terwyl die pragtige rivieruitsigte en nabyheid aan Velddrif se top-aantreklikhede—soos Cracklin’ Rosie River Tours en die SA Visserymuseum—dit ’n moet-besoek-bestemming maak. Of jy daar is om te visvang, te braai, jou troeteldier te laat rondhardloop of net die Weskus-leefstyl in te drink, Knorvarkie Bergrivier bied ’n onvergeetlike ervaring wat jou hart sal steel. 💙🐕 Kontak Hulle 📞 Adres: R234 Hopefieldweg, Velddrif, Wes-Kaap, 7365 📍 Foon: 082 460 7810 / 083 634 420 ☎️ E-pos: charlotte@knorvarkie.co.za ✉️ Webwerf: www.knorvarkie.co.za 🌐 Boek Nou: Besoek Weskus Jou Lekker Ding vir meer Weskus-avonture! 🌟 Sluit aan by die Weskus Jou Lekker Ding-familie en ervaar die 'magiC' van Knorvarkie Bergrivier. Moenie ons Weskus Nasionale BraaiDag hierdie Saterdag misloop nie, en bespreek jou verblyf vandag om die Weskus se sjarme te beleef! 🎉🔥 Boek jou BraaiDag 2025 Knor Varkie hier! BRAAIDAG 2025 🎤🎈

View All

Blog Posts (7)

  • Proe die Weskus se Hart met Weskus Plaaskombuis: Warm Aandetes Gratis Afgelewer, van Langebaan tot in Dwarskersbos 🥄🌅

    Stel jou voor: jy’t die dag in Langebaan se lagoon gespandeer, of miskien het jy ‘n bietjie ge-windsurf of ‘n rustige stappie gevat op Paternoster se goue strand. Die son sak, en jy’t lus vir ‘n ordentlike, tuisgemaakte ete , maar die kombuis roep jou glad nie, en jy onthou, aaaah gelukkig het ek vanaand se aandete al gister by Weskus Plaaskombuis aanlyn bestel, en jy besef, die aand is joune en miskien voel jy lus vir ‘n lekker Netflix movie of sommer net die sonsondergang te gaan sit en bekyk op die strand, of in jou agterplaas. 🏄‍♂️ Dis waar Weskus Plaaskombuis  soos ‘n seebries inwaai, met warm aandetes  en tuisgemaakte etes  reguit na jou deur, gratis afgelewer! Ons maaltydaflewering  maak jou aande lekker, smaakvol en sorgvry, met die Weskus se siel in elke happie. 😋 Weskus PlaasKombuis Seekos Potjie lekkerste! Hoekom Weskus Plaaskombuis vir Jou Voorbereide Etes? 🥘 Ons by Weskus Plaaskombuis is mal oor voorbereide etes  wat die Weskus en ander kontreie se storie vertel. Ons warm aandetes  is nie sommer kos nie—dis soos Ouma se bredie, propvol liefde, tradisie en die smake van ons see en sand. 🌾 Of jy nou ‘n gejaagde ma is wat die dag rondgehardloop het, ‘n vakansieganger wat die Weskus se son geniet, of ‘n ou Weskuster wat Laaiplek se rustige vibe liefhet, ons tuisgemaakte etes  gee jou tyd terug en bring pure blydskap. Kyk wat maak ons anders: Gratis Aflewering : Jou warm aandetes , elke oggend vars gekook, land smiddags by jou deur, van Langebaan tot in Dwarskersbos, sonder ‘n ekstra sent. 🚚🛵 Restaurant Kwaliteit Etes : Ons kos is met soveel sorg gemaak, dit proe soos ‘n bord uit ‘n Weskus restaurant, maar reg in jou eie huis. 🍴 Plaaslike Bestanddele : Van Saldanha se vars see-produkte tot Paternoster se kreef of Vredenburg se groente, ons Weskus etes  dra die streek se hart in elke happie. 🌊 ‘n Warm Drukkie vir al Julle Gejaagde Vroue 💪 Ons weet die Weskus lewe kan jou asem wegslaan vir hoe rustig dit meeste van die kere is, maar spesifiek vir al julle vroue wat moet werk, kinders grootmaak, en nog alles probeer byhou, sê ons, tel jou foon op, plaas jou bestelling en laat ons jou warm aandetes  aflaai, en as jy rerig gaan sit en somme maak, sal jy sien dat ons voorbereide etes  jou verseker goedkoper sal uitwerk om nie te praat van die moeite wat jy jouself spaar nie. Na ‘n dag van vergaderings, kinders by skool optel, of ‘n vinnige draai by die mall om vir die kinders nuwe skoolsokkies te koop, voel die idee om ‘n tuisgemaakte ete  te kook soos ‘n golf wat jou uitslaan. By Weskus Plaaskombuis verstaan ons daai gevoel, en ons is hier om jou ‘n warm aandete  te gee wat soos huis proe. 🙌 Ons voorbereide etes  is jou kans om te kuier, te lag, of net ‘n bietjie stilte te geniet. Elke oggend kook ons vars, en smiddags bring ons warm aandetes  wat propvol smaak is, reguit na jou deur. Of dit nou ‘n romerige hoenderpastei of ‘n pittige groentekerrie is, ons gesonde etes  is gewaarborg vars en gemaak met liefde. Jy kan aandete met ‘n breë glimlag bedien, wetende jy’t tyd gewen vir die goed wat saak maak. 🌟 Maaltydaflewering wat die Weskus Vibe Bring 🚚🛵 Die Weskus is gemaak vir lekker tye soos om te kyk hoe die branders breek, of te kuier by pelle of familie, of net lekker sit en stories te vertel oor die dag se gebeure aan die kombuistafel. Ons maaltydaflewering  laat jou dít doen sonder stres. Geen gekap, geroer, of skottelgoed-berge nie. Met Weskus Plaaskombuis kry jy voorbereide etes  wat jy net opwarm, smiddags vars en warm afgelewer. 😎 Ons spyskaart is so kleurvol soos ‘n Weskus sonsondergang. Lus vir ‘n seekos potjie wat die oseaan na jou bord bring? 🐟 Of dalk ‘n lamskenkel wat so sag is, dit smelt in jou mond? Ons het alles, van gesonde etes  tot so nie so gesonde etes nie, oooops 😊. Loer gerus na ons spyskaart by Weskus Plaaskombuis en bestel met een kliek. 🖱️ Die Weskus se Smaak in Elke Happie 🌊 Die Weskus is meer as ‘n plek—dis ‘n gevoel. Dis die soutbries wat jou hare roer, vissersbote wat in Port Owen se marina dans, en die lag van vriende om ‘n braaivuur. 🔥 By Weskus Plaaskombuis vang ons daai gees in ons Weskus etes . Ons resepte kom uit die streek se siel, soos snoek wat op Lambertsbaai se kole sis of bredies wat in Vredenburg se kombuise prut op ‘n koue wintersaand. Probeer ons Snoek Kerrie—‘n gereg waar die Weskus se gunsteling vis met pittige speserye dans, perfek vir ‘n aand by die see. Of gaan vir ons Bobotie, ‘n Suid-Afrikaanse gunsteling met ‘n Weskus twist, bedien met geelrys en ‘n bietjie chutney. Hierdie restaurant kwaliteit etes  is soos ‘n storie op jou bord, gemaak om harte bymekaar te bring. 💖 Kaapse Bobotie Gesonde Etes vir ‘n Lekker Lewe 🥗 Baie Weskusters wil gesond eet, maar nie die smaak misloop nie. Daarom het Weskus Plaaskombuis gesonde etes  wat jou laat goed voel, van binne en buite. Van groente-propvol kasserolle tot ligte visgeregte, ons spyskaart pas by almal se styl. Ons grilled Hake of Snoek met geroosterde groente en slap tjips byvoorbeeld, is absolute wenners. 🌱 Wenke om die Weskus Plaaskombuis se betowering te Geniet 🌟 Hier’s ‘n paar idees om ons maaltydaflewering  voluit te ervaar: Beplan Slim : Loer vroeg in die week na ons spyskaart om aflewerings te reël wat jou dag makliker maak. Kyk by Weskus Plaaskombuis. 📅 Proe Plaaslik : Maak jou warm aandetes  ekstra spesiaal met ‘n yskoue Weskus wyn of ‘n craft bier van Charlie’s Brewhouse in Port Owen, Velddrif. 🍺 Kuier Sonder Moeite : Verras jou pelle by ‘n gesellige familie kuier of braai met ons restaurant kwaliteit etes —hulle sal dink jy’t heeldag geswoeg voor de potte, maar dis ons Weskus geheimpie dat jy eintlik by Swartriet se strand was, pinkie swear! 😊🎉 Word Deel van die Weskus Plaaskombuis Familie 🏡 Ons by Weskus Plaaskombuis is nie net ‘n kos diens nie—ons is jou bure, verlief op dieselfde sonsondergange en seebries wat die Weskus ons almal se huis maak. Ons tuisgemaakte etes  en warm aandetes  bring vreugde, gemak en smaak na jou tafel, danksy ons maaltydaflewering  en maklike bestelproses op ons webwerf of app. Of jy in Langebaan, Dwarskersbos, of enige plek tussenin bly, ons is hier om jou aande spesiaal te maak. 🌄 Klaar om die Weskus se magie te proe? Hup na Weskus Plaaskombuis om ons spyskaart te check en jou bestelling te plaas. Laat ons die kos hanteer, sodat jy kan fokus op die goeie tye—die Weskus manier! 😊 Weskus Plaaskombuis : Waar elke bord kos soos huis proe.  🥄 Van ons illustrasies kon deur middel van AI gegenereer word vir beter visuele effek!

  • Varsgebakte Weskus Pizza - Bestel Nou vir Aflewering!

    Beste sappigste pizza's in die hele wye #Weskus, afgelewer tot op jou deurdrimpel!

  • De Witt Bathrooms ons trotse borg vir die Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag 2025 - 3 Mei

    De Witt Bathrooms Een van ons trotse borge is 'n maatskappy genaamd De Witt Bathrooms. De Witt Bathrooms is 'n Badkamer Renovasie besigheid wat opereer in Pretoria en Kaapstad en bestaan al van die jaar 2006 en word besit en bestuur deur Riaan De Witt. Hulle omskep enige badkamer in 'n storieboek pragtige badkamer wat net kan beskryf word as asemrowend en uniek. Kontak hulle vandag nog vir 'n geen obligasie kwotasie vir jou badkamer renovasie projek. Epos hulle op DeWittBathrooms@gmail.com of skakel of Whatsapp hulle op +27714445279 of besoek hulle webwerf vandag nog op www.DeWittBathrooms.co.za

View All

© 2012 - 2025 Weskus Jou Lekker Ding (Edms) Bpk – 2013/038868/07 – Alle Regte Voorbehou. 🦞 Pure Weskus-passie, reg van die kreefkus! 🌊

  • Instagram
  • Facebook
  • X
  • YouTube
  • TikTok
  • Reddit
  • Pinterest
  • Odnoklassniki
  • Linktr
  • Flickr
  • TripAdvisor
  • Threads
  • Tumblr
  • Vimeo
  • Soundcloud
  • Bitly
  • Dribbble
  • Weskus Jou Lekker Ding on Dun & Bradstreet
Visa & Mastercard Icons for Payment with Yoco on Weskus Jou Lekker Ding website and with this photo link you will visit their company website
ikhokha Payment Gateway
bottom of page