Wie is Ons?
En ons storie
๐ค
Dit is 'n uitstekende vraag! Kortliks, ons is doodgewone mense met 'n groot passie en 'n enkele doelwit in hierdie deurmekaar wêreld: om die mooiste, beste en vriendelikste streek in die hele wye wêreld te bevorder – die Weskus! ๐๐ด Ons kollektiewe liefde vir die #Weskus ken GEEN perke nie. โค๏ธ
โ
Op 13 Februarie 2012 het Riaan De Witt, 'n ware Kaapse Weskus Klong, 'n Facebook-groep begin om sy heimwee te verlig ná jare se diens as 'n UN Vredesbewaarder in donker Afrika. ๐โ๏ธ So is die naam Weskus Jou Lekker Ding gebore, en sedertdien het die groep oor 14 jaar gegroei tot 'n groot, diverse en verenigde Weskus Aanlyn Familie. ๐จ๐ฉ๐ง๐ฆ
โ
Ons "Afrikaanse Weskus Beweging" is vandag sterk op pad om 'n reuse Braai Fees in 2026 aan te bied, reg in die hart van die pragtige Tietiesbaai, binne die Cape Columbine Natuurreservaat. ๐ฅ๐
Ontmoet die Span
Baie mense het 'n rol in ons groei gespeel, maar hier is 'n handjievol Weskus-patriote wat ons naam gebou het en vandag die 'administrateurs' van ons beweging is. Ons is trots om hulle met die Wêreld te deel!
โ
-
Sharon "AKA Sunny Sun Sun" De Beer: Sy is lid nommer een op ons naamlys en die hoof-admin van ons wonderlike groep Weskus-mense. โ๏ธ
โโ
-
"Ouma Maksie Pretorius": Die legendariese ouma van Brackenfell, Kaapstad. ๐ต
โโ
-
Monica Ceustermans: Ons "Belgiese Ikoon" en 'n baie lojale Blou Bul ondersteuner. ๐ง๐ช๐ Sy is die groep se grootste moeilikheidmaker weens haar rugby-oortuigings wat nie altyd by ons meerderheid Stormers- en WP-ondersteuners inslag vind nie! ๐
โโ
-
Jacqueline (Claassen) Robinson: Die "alomteenwoordige" Afrikaanse Taal Generaal, ons eie "Pers Langenhoven". ๐โ๏ธ