top of page

Kom toer saam met my, die Hoofseun! 👋 Ek wys jou die égte Weskus. Ontmoet locals, hoor stories, ervaar kultuur (ja, ons braai & lawaai! 😄🔥). Sien die Weskus deur my oë. Kom saam! 🏖️

Boodskap van die Gasheer! HOOFSEUN....

Ons HoofSeun vanni Weskus ook bekend as Riaan De Witt die Seerower, gekoppel aan die Facebook-profiel van Die HoofSeun Van Die Weskus Riaan De Witt

Heel eerstens wil ek almal van Weskus Jou Lekker Ding Facebook Groep 'n hartlike Welkom toewens.  Sonder julle wat die afgelope 13 Jaar getroue Groeps lede was en steeds is, is niks van wat ons hier staanmaak vir die Weskus moontlik nie, so ek sê uit my hart uit, baie baie dankie, julle is die 'backbone' van die Weskus, en van Weskus Jou Lekker Ding, en met julle sal ek enige dag 'n Oorlog teen enige vyand veg!

 

Ons is nie net Facebook kennisse nie, ons is 'n Weskus Familie, en hierdie Braai Naweek wat nou opkom, soos met al die vorige jare se BraaiDae, is bewys van ons hegte vriendskap en liefde vir mekaar in 'n baie deurmekaar Wêreld.

 

Dis my voorreg as die HoofSeun vanni Weskus, om julle almal hartlik uit te nooi na die jaar se "WESKUS JOU LEKKER DING FEES 2025 DWARSKERSBOS KARAVAANPARK.

Sien jou daar, dit gaan 'awesome' wees! (-_*)

Wees egter net gewaarsku dis in 'n bitter informele video formaat, niks redigering betrokke nie, ons doen sommer ons eie ala Weskus 'style filming'

Ons skop ons 1ste video van ons Weskus manawalesse af met die Kom Ons Braai Weskus Celeb 2023!

bottom of page