top of page

Vr. 02 Mei

|

Knor Varkie Velddrif

WESKUS JOU LEKKER DING FEES 2025 IN SAMEWERKING MET "AANKONDIGING OOR ONS HOOF BORG MOET NOG GEMAAK WORD"

Weskus Jou Lekker Ding (Edms) Bpk bied aan die 'WESKUS JOU LEKKER DING FEES 2025'! Woorde kan nie ons opgewondenheid oor dié 2025 Braai Fees Naweek beskryf nie, want ons BraaiDae het immers gewild geraak, en was ons genoodsaak om dit om te skakel in 'n 'Mini Weskus Fees'!

WESKUS JOU LEKKER DING FEES 2025 IN SAMEWERKING MET "AANKONDIGING OOR ONS HOOF BORG MOET NOG GEMAAK WORD"
WESKUS JOU LEKKER DING FEES 2025 IN SAMEWERKING MET "AANKONDIGING OOR ONS HOOF BORG MOET NOG GEMAAK WORD"

Tyd & Plek

02 Mei 2025 08:30 SAST – 04 Mei 2025 12:00 SAST

Knor Varkie Velddrif, R234 Hopefield Road, Velddrif, 7365, Suid-Afrika

Oor die geleentheid

WESKUS JOU LEKKER DING in samewerking met "AANKONDIGING OOR ONS HOOF BORG MOET NOG GEMAAK WORD" & KNOR VARKIE OPELUG RESTAURANT & KROEG bied aan die 2025 WESKUS JOU LEKKER DING FEES.  Ons gaan 'Clamping- en ons gaan Kampeer daai naweek, of sommer net ons tentjie langs die Lanies staan maak', en ons gaan net die lekkerste  Weskus Kosse aanmekaar sit & lekker Musiek luister & net 'n Fees hou! 'n Naweek vir die HELE gesin & sommer die skoonma ook!

Vrydag & Saterdag, 2 & 3 Mei 2025 kamp ons, die 'actuall' Feesdag is 3 Mei 2023!

Vir die wat gaan Kamp, die Woensdag na-middag: Kom by die kampterrein en rig jou kamp / besoekersplek op. Dit is jou kans om gemaklik te raak en 'n tuiste weg van die huis te skep vir die naweek. Bring jou kampstoele, tafels en tente, en moenie vergeet om jou kampplek te versier om in die feesgees te kom nie.

Begin die volgende oggend (die Donderdag 1 Mei) alreeds: Ontbyt saam met jou vriende & familie. Dit is 'n Suid-Afrikaanse tradisie wanneer man kamp om 'n lekker kamp ontbyt te geniet, en ons gaan nie nee-sê vir tradisies nie, hehe. want wat is dan nou lekkerder as 'n vol maagie so voor man 'n lekker yskoue Black Label'tjie vroegmore oopmaak! O ja, en moet nie kinners se 'sweets' vir nagereg vergeet nie. Wees 'n bietjie dapper miskien en skryf in vir die jaarlikse Fees Potjiekoskompetisie wat die afgelope paar jaar sinonamiese geword het met ons BraaiDae / Braai Fees.

Aande: Geniet lewendige musiek soos verskaf deur ons unieke DJ wat die hele naweek aan diens sal wees, nie net op die Feesdag nie.

Daar sal 'n verskeidenheid musikale genres wees om van te kies, so daar is sekerlik iets vir almal. Bring 'n kombers of grasstoel en ontspan op die gras terwyl jy na die musiek luister.

Laataand: Dans die nag by die langarm sokkie-dans in die Bier Tent, wat verseker jou bloed sal laat pomp. Trek jou dansskoene aan en maak gereed om lekker te kuier!

Benewens bogenoemde aktiwiteite kan jy ook net niks doen nie behalwe om die biertent besoek om 'n koeldrank of 'n biertjie te geniet, of deur die kosstalletjies rondsnuffel vir 'n heerlike ete. Daar sal 'n verskeidenheid verskaffers wees om van te kies, so jy sal seker iets kry waarvan jy hou.

Ons hoop jy gaan 'n heerlike tyd saam ons hê by die Weskus Jou Lekker Fees en ons sien baie uit om jou en jou gesin en vriende te ontmoet!

Hier is 'n paar bykomende idees om jou fees nog lekkerder te maak:

Kom geklee in jou beste kampdrag. Dit kan enigiets insluit van flenniehemde en jeans tot 'n kort broek en plakkies.

Maak 'n kampvuur waar jou mense kan bymekaar kom later die aand, om gesellig te verkeer en malvalekkers te braai. Dit is 'n goeie manier om die feesdag af te sluit op 'n hoë noot, of val sommer net in jou tent wanneer die batterye begin 'amps' trek, want daai naweek maak ons nes ons wil!

Kaartjies

  • DAGBESOEK VOLWASSENES 03/05

    Saterdag 3 Mei 2025 - Hierdie kaartjie is vir Fees-Dagbesoekers en sluit nie enige kampstaanplek of oornag verblyf in nie.

    R 100,00
  • KINDERS <12 DAGBESOEK 03/05

    Saterdag 3 Mei 2025 - Hierdie kaartjie is vir Fees-Dagbesoekers en sluit nie enige kampstaanplek of oornag verblyf in nie.

    R 50,00
  • PENSIONER 65> DAGBESOEK 03/05

    Saterdag 3 Mei 2025 - Hierdie kaartjie is vir Fees-Dagbesoekers en sluit nie enige kampstaanplek of oornag verblyf in nie.

    R 50,00
  • TENT STAANPLEK 3 DAE

    Allesomvattend Tent Kamp & Fees toegang per persoon vir 3 dae. Hierdie kaartjie gee aan die kaartjie houer toegang tot die Fees "Tent & Karavaan Dorp" asook die Fees Terrein vir die naweek 01/05/2025 tot 03/05/2025, m.a.w. arriveer die Dondag 15:00pm om op te slaan en gereed te kry vir die naweek. So jou Fees Kaartjie & Tent Staanplek is in een kaartjie vir beide jou Verblyf & Fees toegang per persoon vir die naweek. Geen Krag of water punte by staanplekke nie, wel tydelike ablusieblokke!

    R 999,00
  • KARAVAAN STAANPLEK 3 DAE

    Allesomvattend Karavaan Kamp & Fees toegang per persoon vir 3 dae. Hierdie kaartjie gee aan die kaartjie houer toegang tot die Fees "Tent & Karavaan Dorp" asook die Fees Terrein vir die naweek 01/05/2025 tot 03/05/2025, m.a.w. arriveer die Dondag 15:00pm om op te slaan en gereed te kry vir die naweek. So jou Fees Kaartjie & Tent Staanplek is in een kaartjie vir beide jou Verblyf & Fees toegang per persoon vir die naweek. Geen Krag of water punte by staanplekke nie, wel tydelike ablusieblokke!

    R 1 099,00

Total

R 0,00

Deel die 'Event' asb & dankie!

Ons is 'n klein & intieme Afrikaanse Fees'sie'tjie, & ons hou van dit so!
Kyk na dit, soos wat ons daarna kyk, ons gaan 'n Woodstock trek op onsself, die Donderdag die 1ste Mei 2024 is 'n Publieke Vakansiedag, so as jy verlof insit vir die Vrydag die 2de Mei 2024, dan het jy 'n lekker langnaweek saam met ons van die Woensdag middag al af, tot die Sondag middag, teen 'n bitter goedkoop Tent & Kaarvaan kamp tarief! Slim gedagte van ons nê? Your Welcome~!
Knor Varkie Opelug Restaurant & Kroeg Velddrif Weskus
Knor Varkie Eienaarres Charlotte Visser

BRAAI NAWEEK PROGRAM

NET DIE HOOF PUNTE!

VRYDAG 2 MEI 2025

BRAAI NAWEEK PROGRAM

NET DIE HOOF PUNTE!

SATERDAG 3 MEI 2025

bottom of page