top of page

WESKUS
PLAASKOMBUIS

Our Company Logo for Weskus PlaasKombuis, the head of a farm chicken or rooster as it is also referred to

🌊🐟🌾🌻🥕🥚🐔🚜

Aaaaah Kontrei Kos! 🍞 Lekker

Voorafgekookte Etes
🐄🐓🐑

Jy bestel vandag vir aflewering more!

Deel asb 🙏 ons Weskus PlaasKombuis Aanlyn Restaurant (hierdie blad) met jou vriende of familie 👨‍👩‍👧‍👦 wat hou van pizzas 🍕 hamburgers 🍔 of pastas 🍅! 🌊 Gebruik die deel-knoppies hieronder om hierdie bladsy op FB, X, WhatsApp of via die skakel te deel. Baie dankie! 😊

Weskus PlaasKombuis: Jou Warm Aandete, Jou Tradisie! ✨🥘

 

Baie jammer vir die lang lees wat volg, dis darem gelukkig net die eerste keer nodig, maar al die inligting wat volg, is uiters belangrik, alvorens enige iemand 'n bestelling by ons plaas!

 

Welkom by Weskus PlaasKombuis! Hier by Weskus PlaasKombuis is ons 'n ware plattelandse besigheidjie 🌾 wat met passie en siel vir die Weskus klop ❤️🌊. Ons kombuisie is klein, en dit is hoe ons hou daarvan, maar ons hou dit rou en reguit 💪, vêr van daardie korporatiewe mafia-snert! 🚫💼 As jou plaaslike verskaffer bring ons diep, opregte waarde, vol vuur 🔥 en siel! Ons is passievol oor regte, egte Boerekos, voorberei met liefde 💖 en resepte wat deur generasies getoets is. Ons glo jy werk hard vir jou geld, en jou aandete moet dit werd wees! 😋 Dankie vir jou ondersteuning; jy is 'n ware Weskus-patriot! 😋🦞🇿🇦

Ons kombuis bring jou die outentieke smaak van tradisionele Suid-Afrikaanse huismaakgeregte wat jou siel sal voed en jou maag sal vul. Dink aan smullekker, ryk-gekookte stowe met vleis wat van die been afval, goudbruin gebraaide hoender 🍗 met bros vel, sappige lamsboud wat sag en geurig is, heerlike oondgebraaide beesvleis wat smelt in die mond, geurige kerries 🌶️ met 'n tikkie hitte, daardie onweerstaanbare Ouma Onder Die Kombers (frikkadelle toegedraai in sagte koolblare), en selfs tradisionele afval vir die ware kenner. En dis nog nie al nie! Verwag ook ryk bobotie met sy unieke geur, troosryke skaapskenkels wat ure lank gekook is om elke vesel sag en smaakvol te maak, en klassieke hoenderpastei met 'n krakerige skilferkors. Ons fokus op die perfeksie van hierdie tydlose resepte; daarom kan u u maaltye nie aanlyn aanpas nie, maar ons verseker u die keuse van ons daaglikse spyskaart sal u beïndruk!

Die beste deel? Jou hele bestelling word GRATIS afgelewer 🏠! Ja, gratis. Geen versteekte afleweringskostes nie – dis ons geskenk terug aan ons wonderlike klante. 🤩

 

Praktiese Inligting

 

Ons Bestelproses – Bestel Vandag vir Môre se Aflewering! 📅

By Weskus PlaasKombuis neem ons bestellings elke dag tot middernag vir aflewering die volgende dag. Dit beteken jy plaas jou bestelling vandag (byvoorbeeld Maandag) vir jou warm maaltyd om môre (Dinsdag) afgelewer te word. So beplan jou heerlike Boerekos-aandete vooruit!

Ons Bedieningsure: ⏰

  • Kombuis en Administrasie: Maandag - Vrydag: 10:00vm - 17:00nm

  • Afleweringstye deur ons Bestuurspan: Maandag - Saterdag: 17:00 (5nm) - 19:00 (7nm)

    • Let wel: Maak asseblief seker daar is iemand tuis om jou bestelling te ontvang gedurende hierdie afleweringstye.

  • Sondae & Vakansiedae: Gesluit (Ons geniet familietyd 🙏👨‍👩‍👧‍👦)

 

Belangrike Notas vir Jou: ⚠️

As kontrei-mense 🌽🚜 maak ons alles met liefde 💖, maar let asseblief op:

  • Ons kos kan algemene allergene (soos suiwel, eiers, koring, neute, vis, skulpvis) bevat of daarmee in aanraking kom.

  • Kosfoto's kan verskil ➡️ van werklike produk. Olywe 🫒 kan pitte hê, hoender 🍗 soms bene, avokado's 🥑 is seisoenaal, en 'mild' kan soms bietjie brand! 😳

  • Verder wil ons u graag gerus stel dat higiëne ons absolute top prioriteit is, in alles wat ons doen!

Ons Afleweringsgebiede: 🛵

 

Ons lewer af in: Langebaan ✅, Saldanha ✅, Vredenburg ✅, Paternoster ✅, St Helena Bay ✅, Velddrif ✅, en Dwarskersbos ✅.

 

Ons afleweringsvoertuie begin hul roete elke dag om 16:30nm:

 

  • Voertuig 1: Langebaan tot Paternoster.

  • Voertuig 2: St. Helenabaai tot Dwarskersbos.

 

Afhaal-Areas: Ons stelsel dek 'n wye afleweringsradius. Alhoewel ons daarvan droom om by elke enkele adres af te lewer, is daar sekere spesifieke areas binne hierdie dorpe waar ons, ter wille van ons afleweringspersoneel se veiligheid, jou PlaasKombuis-ete by ons winkel moet hou vir afhaal. Indien jou buurt se naam op hierdie lys verskyn: Lys van Afhaal-Areas - Klik Hier, kan jy steeds met graagte by ons bestel, maar kies asb. die 'Afhaal'-opsie. Jou Weskus PlaasKombuis ete sal warm en gereed wees vir jou om te kom haal! Ons waardeer jou begrip en samewerking.

🐔 Restaurant 
Bestel hier 🛵

Aanlyn Bestelling vir Aflewering Dievolgende Dag! 🚗🛵🍽️

Oop vir Bestelling 7 dae 'n week, 24 uur per dag! 🗓️🕛 Soek net vir die ete wat in groen uitgelig is op jou skerm wat sê "in-stock" – dit is môre se ete wat jy nou vir môre moet bestel! Alle ander items sal "out-of-stock" wys. 💚🍽️🔒 Indien jy egter geen items as "in-stock" vind nie, 😔 beteken dit dat môre 'n Openbare Vakansiedag is 🏖️ en ons gesluit is 🚫 – met ander woorde, geen kosaflewering môre nie, as more 'n Vakansiedag is! 🚚

Accepting Orders

Free delivery

Min. order - R 0,00

Free delivery above

Pickup

Delivery

Delivery time: Up to 35 minutes

Delivery Address:

WEEK 1 🥘

Arranged Food and Objects

MAANDAG

Arranged Food and Objects

DINSDAG

Arranged Food and Objects

WOENSDAG

Arranged Food and Objects

DONDERDAG

Arranged Food and Objects

VRYDAG

WEEK 2 🥩

Arranged Food and Objects

MAANDAG

Arranged Food and Objects

DINSDAG

Arranged Food and Objects

WOENSDAG

Arranged Food and Objects

DONDERDAG

Arranged Food and Objects

VRYDAG

WEEK 3 🍗

Arranged Food and Objects

MAANDAG

1ste Woensdag van die maand!

Arranged Food and Objects

DINSDAG

Arranged Food and Objects

WOENSDAG

Arranged Food and Objects

DONDERDAG

Arranged Food and Objects

VRYDAG

WEEK 4 🥧

Arranged Food and Objects

MAANDAG

Arranged Food and Objects

DINSDAG

Arranged Food and Objects

WOENSDAG

Arranged Food and Objects

DONDERDAG

Arranged Food and Objects

VRYDAG

Ready to order?

Sluit aan by ons op Sosiale Media

  • Facebook
  • Pinterest
  • Instagram
  • TripAdvisor
  • TikTok
  • YouTube
  • X
  • Restaurant Guru
  • HotFrog

Hey jy, geniet so bietjie Lojaliteitspunte 👇 op my! 🎉 Cheers ou vriend! 🤝👊

Weskus Jou Lekker Ding Mascot genaamd Tsekkie
bottom of page