top of page

WESKUS SLAAP

WELKOM IN DIE WESKUS!

Weskus Slaap aangebied deur Weskus Jou Lekker Ding

BOEK JOU WESKUS VAKANSIE OF OORNAG VERBLYF PER DORP!

Ons het nie 'n oorvloed Weskus huise wat gelys is by ons nie, maar die wat ons het is eg Weskus en vir 'n nie te slegte prys nie, beste wat ons kon beding, maar alles kwaliteit verblyf verseker!

Saldanha, Paternoster, Dwarskersbos, Vredenburg, Velddrif, St. Helenabaai, Langebaan, Hopefield, Darling en Yzerfontein is die vernaamste dorpe in die Weskus Streek. Die Weskus Nasionale Park en 'Cape Columbine' Natuurreservaat ook bekend as Tietiesbaai, is die belangrikste natuurreservate in die area.

Al ooit gewonder hoekom die Weskus so ongelooflik gewild is as 'n vakansie bestemming?

Wel want tyd staan stil in die Weskus. Mense hier het nog tyd om 'n geselsie aan te knoop met 'n wild vreemdeling, hier het ons nog tyd om 'n 'picnic' te gaan hou op die strand, ons het tyd vir 'n kuiertjie by vriende en familie.

Behalwe vir al die prag wat die Weskus Streek aanbied, bied ons streek ook tween Natuur Reservate naamlik die Weskus Nasionale Park en Tietiesbaai Cape Columbine Natuur Reservaat.

Ons streek is ook bekend vir haar bokkom, snoek en natuurlik kreef, die goud van die see.

Ons het ook verskeie staproetoes en elke jaar tussen Augustus en vroeg September het ons wat baie beskryf as 'n sprokies' verhaal, en dit is ons Weskus Blomme Prag elke jaar.  Dit is een van die mooiste prentjies vir enige oog om te sien en te beleef!

Boek jou vakansie by ons vandag en gebruik ons webwerf se nuttige Weskus informasie en ook inligting oor besienswaardighede in die Weskus.

Lys jou Vakansie Verblyf by ons en maak reg vir beter besprekings!

Ons unieke toenadering tot Weskus Toerisme maak ons een van die gesogste Bemarkings Kanale om u Vakansie Akkommodasie te adverteer!

EIENAARS BESONDERHEDE:

Dankie vir die indiening! Iemand van ons maatskappy sal u binnekort kontak per Whatsapp of epos!

bottom of page