top of page
Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#21.jpg

WESKUS JOU LEKKER DING BRAAIDAG 2023

LAAI ONS APP AF

Google Playstore App Gallery Logo
Huawei App Gallery Logo
Apple Playstore App Gallery Logo

Shipwreck Kroeg & Restaurant, Pelikaan Hawe, Velddrif

Wat 'n Awesome lekker Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag 2023 (#WeskusFees) het ons nie gehad in November 2023 nie by Shipwreck Bar & Restaurant in Velddrif.

Dit was 'n fantastiese BraaiDag met lekker eet, gesels en baie pret en vermaak van al die kunstenaars daai dag.

OX Tail potjiekos dish, a very popular dish in South Africa and the image link will take you to Google Forms where you may enter your team to participate in our Potjiekos Competition for the Weskus Jou Lekker Ding Braaidag event to be held on 25 November 2023 at Shipwreck Bar, Pelican Harbor, Velddrif, West Coast

SKRYF JOU SPAN IN OM DEEL TE NEEM AAN DIE
POTJIEKOS KOMPETISIE

Weskus Jou Lekker Ding Kreef Kepsie and the image link will take you to Google Forms where you may enter our West Coast Photo Competition where the winning photograph will win you this beautiful West Coast Cap

Wil jy 'n EG Weskus Kreef Kepsie elke maand wen, soos die een hierbo? Ons hou elke maand 'n trekking van die wen fotos wat deur lede ingestuur word deur die skakel hieronder te volg en jou fotos op te laai. Stuur jou pragtige Weskus Fotos en videos en as ons dit oplaai op ons Facebook Blad dan word jy automaties ingeskryf vir die maand se trekking! Doen dit nou en wen wen wen! Wenners word aangekondig op die 1ste van elke maand op ons Facebook blad!

Net Enige iets Weskus, soos die!

Alle Wes Kaapse Toeroperateurs, lys jou bussie as jy van ons lede kan aanry vir die BraaiDag heen-en-weer na Kaapstad en ander dorpe. Vul asseblief hierdie vorm in & dankie.

Potjiekos Kompetisie vervolg...

1ste Prys R2,500 geborg deur WJLD!
2de Prys Naweek Wegbreek vir 2 na 'n Weskus destinasie / vakansieoord! (Geen kos of vervoer ingesluit)
3de Prys 'n 'FlipBraai' geborg deur Piets Steelworks Braai Supplies

Deelnemers tot dusvêr in geen spesifieke orde nie:

Cecile en Hennie Kruger Nr#1

Seashell Stouters

 Spanlede:

Hennie Kruger

Ceale Kruger


Tipe Potjie: BILTONG POT

LanieBaan se Gevaarlike 4 Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag 2023 Potjiekos Kompetisie Deelneemers  en hierdie foto link van hulle vat jou na hulle webwerf toe

LanieBaan se Gevaarlike 4

Spanlede:

Maritha Wagner
Liz Retief
Melissa Hoffend
Lise Geldenhuys

Tipe Potjie: TBA

Die Gravy's Potjiekos kompetisie deelnemers vir die Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag 2023 by Shipwreck. Die span het ingeskryf vanaf Kaapstad

Die Gravy's van Kaapstad

Spanlede:

Hendrik Greyvenstein
Martli Greyvenstein
Johan van der Watt
Shareen van der Watt

Tipe Potjie: "GOCHUJANG PORK"!

Happy Crowd 101 Potjiekos kompetisie deelnemers vir die Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag 2023 by Shipwreck. Die span het ingeskryf vanaf Kaapstad en hierdie foto link van hulle vat jou na hulle Facebook persoonlike profiel van die span se organiseerder Mnr. Henry Ford

Crazy Crowd 101 van Kaapstad

Spanlede:

Henry Ford
Hilda Ford
Michael Collison
Lené Collison

Tipe Potjie: Lam Rib en Stert Kerrie met rys!

Ons PotjieKos Kompetisie Beoordeellaars

Ons trotse Hoof Beoordeellaar vir ons PotjieKos Kompetisie, Denzel "Denzy" Koenana, wenner van HuisKok Suid Afrika! Op sy & die ander 2 beoordeelaars se skouers rus baie verwagtinge om die "WENNERS" van die 3 prysse reg te kry, maar ons het alle geloof in Denzel & sy span, die van julle wat nie Denzel Koenana ken nie, hy is maar net die Weskus Chef van alle Chefs!

Analise Kleyn Hulp Beoordeellaar van die Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag 2023 Potjiekos Kompetisie en hierdie foto link van haar vat jou na haar persoonlike Facebook profiel

Ons tweede of sal ons sê hulp Beoordeellaar is Analise Kleyn van Kaapstad. Sy is 'n besonderse vrou met 'n smaak pallet van formaat.  Sy is lief vir die buitelewe en baie lief vir braai en potjiekos maak, enige iets wat met kos maak op 'n vuur te doen het, daar sal jy vir Analise kry. Ons is bevoorreg om haar kaliber as hulp beoordeellaar te hê vir ons Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Potjiekos Kompetisie.

Alice Petersen Thomas Hulp Beoordeellaar van die Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag 2023 Potjiekos Kompetisie en hierdie foto link van haar vat jou na haar persoonlike Facebook profiel

Ons 3de Beoordeellaar is 'n Lambertsbaaier van geboorte, en sy haarself reël ook baie gemeenskap geleenthede soos potjiekos kompetisies en was sy 'n natuurlike keuse gewees as een van ons beoordeellaars vir die Weskus Jou Lekker Ding Potjiekos Kompetisie. Alice Thomas (Petersen) is voorwaar 'n pragtige mens met 'n pragtige hart en baie spontaan en 'outgoing', en dit is vir ons 'n voorreg om haar en Denzy en Analise saam te sien as ons potjiekos beoordeelings span.

Ons PotjieKos Kompetisie Reëls kan hier gevind word. Kliek die skakel hieronder

Net so ietsie vir ons Hemelse Vader voor ons verder gaan! Amen!

Hierdie is 'n Fees gebed aan die aller Hoogste gesag naamlik ons God en Vader, Jesus Christus

Ons skop die jaar 2023 se Weskus Jou Lekker Ding se jaarlikse BraaiDag (of soos soos ons dit noem, die Weskus Fees) af om presies 09:00am by die River Market Restaurant & SHIPWRECK BAR in Velddrif.

Laas jaar se Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag was gehou gewees ook in Velddrif by die Knor Varkie opelug Restaurant en Kroeg, maar die jaar beloof om selfs nog groter en lekkerder te wees.

 

Ons gaan 'n formele "Potjiekos Kompetisie' hou daai dag, en die wat nie gaan deelneem aan die potjiekos kompetisie nie sal lekker saam braai vir hul gesinne, familie en vriende.

Alhoewel daar sit plek is, wil ons voorstel dat as jy 'n kamp stoel besit, om dit vir veiligheid eerder saam te bring, asook eetgerei, eie vleis, slaaie, spices, ander bykosse endiesmeer, maar geen alkoholiese verversinge nie, want dit moet by die kroeg gekoop word wat die 'Venue' vir ons beskikbaar stel, dis maar die enigste bietjie geld wat hulle kan maak daai dag aangesien ons geen ingangs fooie vra vir deelname aan ons BraaiDag nie.

Die eienaars van River Market Restaurant & SHIPWRECK BAR het beloof om vir ons goeie pryse te gee op die drank en ander verversings, soos Milkshakes vir die kinders endiesmeer.

Die van julle wat daai dag nie wil braai self nie, kan selfs ook van die Restaurant se Spyskaart bestel, wat insluit Hamburgers, Vis & Chips, Pizza's endiesmeer.

Hier volg so paar foto's van die dag by Shipwreck Bar

BRAAIDAG PROGRAM

BraaiDag 2023 Progam vir die dag

Program Item No. 1

08:30vm

Skandeer Stasie open om BraaiDag kaartjies te skandeer & gaste toe te laat. Elke gerigestreerde Fees ganger moet in die proses 'n BraaiDag stempel kry. Die BraaiDag stempel sal jou nie net identifiseer vir die dag as 'n BraaiDag Fees ganger nie, maar ook by die kroeg deur die stempel te wys, afslag ontvang op die drank pryse asook kos van die restaurant.

Program Item No. 4

10:00vm

Die registrasie vir die stappers van die 5Km Pretstap & 10Km Pretdraf begin by die wegspring plek informasie kiosk

Program Item No. 7

13:30nm - Braaivleis vure mag aangesteek word.

13:30nm - 14:30nm

Musiek deur die HoofSeun

Program Item No. 10

16:00nm - 16:30pm

Voorlegging van PotjieKos Kompetisie Deelnemers se kos aan die Beoordeelings Span se tafel!

Program Item No. 13

18:00nm - 19:00nm

Die derde en laaste Kunstenaars optrede. Wouter van de Venter!

Program Item No. 2

09:00vm

BraaiDag verrigtinge open amptelik. Kroeg & Restaurant vir die wat nie gaan braai nie, open 10:00vm

Program Item No. 5

11:00vm

Die stappers vir die 5Km Pretstap & die drawwers vir die 10Km Pretdraf vertrek op hulle onderskeie togte

Program Item No. 8

14:30nm - 16:00nm

Tweede Kunstenaar optrede. Anton Oosthuizen

Program Item No. 11

16:30nm - 17:00nm

Beoordeellaars tydslot om die Wen potjie te identifiseer, asook die 2de & 3de plek wenners! In die tydslot sal die wenners ook aangekondig word. Die HoofSeun sal deurgangs lekker musiek tussen in maak.

Program Item No. 14

19:00nm - 20:00nm. Finale tydslot vir die HoofSeun se playlist, waarna omstreeks 20:00nm vat die Kroeg eienaars verder beheer van die aand se verrigtinge!

Program Item No. 3

10:00vm

Die Potjiekos Kompetisie voorbereiding begin

Program Item No. 6

12:00nm Die Potjiekos Kompetisie begin, vure vir dit mag aangesteek word.

 

12:00nm - 13:30nm

Die eerste Kunstenaar se optrede begin. Garner Nel. Ander lekker musiek sal gemaak word tussen deur kunstenaars optredes

Program Item No. 9

16:00nm

Potjiekos kompetisie kom tot 'n einde

Program Item No. 12

17:00nm - 18:00nm

Verder kuier om die Braaivleis vure met musiek verskaf deur die HoofSeun!

Program Item No. 15

20:00nm - 24::00vm

Varenke en Jacques Le Grange vat verrigtinge verder oor tot toemaak tyd.

bottom of page