
..is trots AFRIKAANS!

♥ Sedert 2012

Ons Besigheidsdoelwit en Unieke Verkooppunte is om die Weskus-streek as 'n vooraanstaande toeristebestemming te bevorder, en besoekerservarings te verbeter deur gemeenskapsbetrokkenheid, plaaslike geleenthede en outentieke kulturele aanbiedinge.
Weskus Jou Lekker Ding bied 'n outentieke Weskus-ervaring, diep gewortel in die plaaslike kultuur en gemeenskap, met 'n fokus op gesinsvriendelike geleenthede en natuurlike besienswaardighede.
Deel asb 🙏 ONS webwerf (hierdie tuisblad) met jou vriende of familie 👨👩👧👦 wat ook net so lief is vir die pragtige Weskus soos ek en jy! 🌊 Gebruik die deel-knoppies hieronder om ons tuisblad op FaceBook, X, WhatsApp of via die skakel te deel. Baie dankie! 😊

Aweh Ma se Kinners Aweh
🌊🤟

Welkom in die Republiek van die Weskus Paradys!
Die Weskus is diep Lekker! ♥
Ons Weskus is meer as net 'n plek—dis 'n gevoel, 'n gees, dis 'n mense! 🌊 Hier is die taal van die see, die geur van snoek op die kole 🔥 en die lag van vriende. Die lewe op die Weskus gaan oor 'n avontuur. Tyd is 'n rit! 🚗 Ons vier die lewe met 'n 'huppel in ons trippel' 💃🕺 en ons wys jou presies wat die Weskus so lekker maak. Van Braaidag-feeste 🍔 tot die mooiste natuur 🌴 en die warmste mense ❤️—dit is hoe ons leef.
Kom kuier saam met ons 🤗 en wees net Weskus!

Ons Weskus Bl o mme Prag elke Jaar!
Kom ervaar ons Weskus Blommeprag skouspel elke jaar vanaf middel Augustus tot vroeg September. 🌸🌼🌷
Elke jaar beleef die Weskus, nes Namakwaland, 'n blomme ontploffing gedurende die wintermaand van Augustus. 🤩🌺
Soms, afhangend van hoe koud 🥶 of nat 🌧️ ons Weskus winter is, kan die Weskus blomme selfs al in Julie begin blom, maar gewoonlik blom die Weskus blomme enigiets van so vroeg as die eerste week in Augustus tot so om en by die eerste week in September. 🗓️
2023 was voorwaar een van die mooiste blomme seisoene wat die Weskus in baie jare beleef het as gevolg van die ongelooflike nat ☔ koue ❄️ winter wat die Weskus beleef het, en het die blomme al in die 3de week in Julie begin blom! Dit was 'n asemrowende pragtige blomme seisoen in 2023! ✨🤩
2024 was egter selfs kouer as 2023, en is ons seker dat ons nie gou weer sulke koue winters kan beleef nie, aangesien dit rekord laagtepunte bereik het. 🥶📉

Toerisme is ons Streek se
Brood & Botter!

Verken die hart van die Weskus! 🌊 Ons Weskus Bestemmings Blad is jou volledige gids tot elke dorp, vol met nuttige inligting. Ontdek die wonders van die Weskus Nasionale Park 🏞️ en Tietiesbaai Cape Columbine Natuur Reservaat. ✨

Sluit aan by die wonderlikste Weskus Facebook groep ooit! Hartsmense ❤️
~ WESKUS JOU LEKKER DING ~

Jy wat hier lees, die Weskus Roep Jou vir 'n lekker Weskus 🌊 Kuiertjie! 🐟 🌸 🌴 🔥 Kos, Kuier & Musiek gaan ons jaarikse Braaidag 🔥 Kamp 🏕️ Naweek vol maak die 3de Mei 2025!
Boek jou Braai-Dags Kaartjie Nou!


WESKUS JOU LEKKER DING
SLAAP
🛌 🏕️ 🏡 ✨







![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#2 | ![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#3 | ![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#1 |
---|---|---|
![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#4 | ![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#5 | ![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#7 |
![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#6 | ![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#8 | ![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#9 |
![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#12 | ![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#11 | ![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#13 |
![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#10 | ![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#16 | ![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#15 |
![]() Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag Knor Varkie 2022 Foto#14 | ![]() WJLD Braaidag Knorvarkie#17 | ![]() WJLD Braaidag Knorvarkie#19 |
![]() WJLD Braaidag Knorvarkie#20 | ![]() WJLD Braaidag Knorvarkie#18 |
























Ons volgende 'Event' is:
Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag
3 ♥ Mei ♥ 2025


Weskus Jou Lekker Ding 🌴🌊
bied aan: 📢🥳
DIE WESKUS JOU LEKKER DING 🔥🥩 BRAAIDAG
VELDDRIF WESKUS
Nou nog net
Yo, JY 🫵 daar, ja jy jou Afrikaanse Musiek Generaal 🎶 en Sandkasteel-argitekt! 🌴 Aandag, Bokkies en Braaikonings! 👑 Kom bymekaar, julle sielsoekers, want die Weskus roep jou naam vir 'n Familie Fees 👨👩👧👦 en hierdie keer het sy 'n melodie in haar siel! 🎵
Ons is nie 'n worsmasjien nie; ons is 'n fees vol liefde ❤️, lag 😂 en goeie geselskap waar ons jou graag persoonlik wil ontmoet. Bring jou hele gesin, jou vriende en familie—ons sien vreeslik uit om julle almal te sien. 🤝
Sien jou by die Braai! 🔥🥩😎
Weskus Jou Lekker Ding BraaiDag 2025: Wredekloof Tattoos ✒️ se 3-dag Kampeer Padtrip - Die Verhaal van Vriendskap, Familie en die Verstrooiing van Asse by Club Mykonos-strand. 🌊🌴
En terwyl ons terugkyk na die onvergeetlike herinneringe van die BraaiDag, is dit slegs die begin van ons storie. Ons kyk met opgewondenheid uit na die Weskus Fees 🌊 eendag, waar ons almal weer herenig sal word in die gees van vriendskap, musiek en die onmiskenbare Weskus-kameraadskap. Hier is op die jare wat voorlê! 🔥 En met ons Here se Genade sien ons julle daar! 🌸🐟
Toerisme Navraag Kolom
Hi Weskus Jou Lekker Ding, dankie vir die nuttige inligting laas oor hoe om by Tietiesbaai te kan boek, ek waardeer julle moeite opreg, maar net gou 'n vinnige ander vraag asb, oor julle restaurante, waar sal julle sê moet ons aanklop volgende keer vir die lekkerste Pizzas & Hamburgers wat by ons afgelewer kan word in Paternoster wanneer ons nou weer Weskus kom besoek? Asb help en dankie. Petro Malherbe, Pretoria-Oos. 16-10-2024
Hallo Petro! 👋 Dit is wonderlik om te hoor julle kom weer die Weskus besoek! 🌊
Dit is fantasties dat julle so baie van die Weskus hou dat julle al die pad van Pretoria afkom vir 'n kuiertjie! 🚗 Ek hoop regtig dat hierdie besoek aan Paternoster net so onvergeetlik is soos die vorige een.
Lekker Kos in Paternoster 🍕
Jy het gevra waar julle die lekkerste pizzas en hamburgers kan kry wat in Paternoster afgelewer word. Ek sal Weskus Pizza 🍕 met 'n geruste hart aanbeveel. Hulle kos is opreg goed en hulle kliëntediens is puik. Boonop is hul aflewering gratis! 🛵
Weskus Pizza is ook beskikbaar op die Weskus App, wat julle kan aflaai. Hier is die webwerwe as julle die app wil aflaai – daar is een vir Afrikaans en een vir Engels:
🚨 Veiligheidswenkies vir julle Kuiertjie
Geniet elke oomblik van julle vakansie en onthou net om waaksaam te wees. 🧐 Alhoewel Paternoster 'n veilige plekkie is, hou asseblief julle waardevolle items soos kameras 📸 en selfone 📱 uit die oog. Bêre dit asseblief netjies, veral as dit op die stoep of in die motor is. Dit sal help dat julle vakansie sorgvry en lekker bly!
Ons hoop julle geniet Paternoster, so baie soos wat ons doen! ❤️
Groete uit die Weskus! 🌴❤️
Ons is 'n klein & intieme Afrikaanse Byeenkoms elke jaar, & ons hou van dit so! No frills, no fuss just good family time!

Volg ons ook op

Ons Weskus Vennote


'n Big Shoutout gaan aan ons vriende by die Saldanha Weskus Lugskou, ons sien vreeslik baie uit na die jaar se West Coast Airshow, en ons weet net dit gaan 'n groot sukses wees, en ons is trots op ons eie #WeskusLugSkou!
